Nuus 08:00
BULLETIN 5 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# John Steenhuisen het nooit gevra om deel te wees van die Nasionale Dialoog nie
# Die VN-kerninspekteurs verlaat Iran
# En rugby: Die Junior Bokke klop Engeland in die Onder 20-kampioenskap
# Die DA-leier John Steenhuisen sê hy het nooit gevra om by die Interministeriële Komitee oor die Nasionale Dialoog aan te sluit nie. President Cyril Ramaphosa het die komitee aangestel. Steenhuisen, wat na verwagting as die minister van Landbou sal bywoon, het op ‘n nuuskonferensie gesê hy het enkele ure voor die eerste vergadering van sy aanstelling te hore gekom. Hy beskuldig die ANC dat hy ander partye uitsluit en waarsku die dialoog is nie deursigtig nie en noem dit ‘n politieke rookskerm:
# Die Adjunkminister van Indiensneming en Arbeid, Jomo Sibiya, sê arbeidsinspekteurs se onderwaardering ondermyn werkskepping en die beskerming van werkers se regte. Sibiya het tydens die departement se begrotingsdebat in die Parlement onthul meer as 310-duisend inspeksies is in die afgelope boekjaar uitgevoer, en meer as 78-miljoen-rand is verhaal vir onderbetaalde werkers. Hy bepleit sterker toesig om behoorlike werk en billike betaling te verseker:
# AfriForum beweer die regering se planne om die 1998-witskrif oor Plaaslike Regering te hersien, sal betekenisloos wees tensy korrupsie in munisipaliteite direk gekonfronteer word. Deidré Steffens van die organisasie sê die besprekingsdokument verwys 47 keer na hervorming, maar verwys skaars na korrupsie. Steffens vra vir streng optrede teen oortredings, gereelde lewenstyloudits, en minder politieke inmenging in stadsrade se werk om behoorlike dienste en openbare vertroue te help herstel:
# Inspekteurs van die VN-kernwaghond is gister weg uit Iran nadat die Islamitiese republiek amptelik sy samewerking opgeskort het. Die opskorting volg ná ‘n 12-dae lange konflik tussen Iran en Israel verlede maand, wat ongekende Israelse en Amerikaanse aanvalle op Iran se kernaanlegte veroorsaak het en spanning tussen Teheran en die Internasionale Atoomenergie-agentskap verhoog het. Iran het Woensdag amptelik sy samewerking met die VN-kernwaghond opgeskort.
# En sportnuus om mee af te sluit:
# Tennis: Die Australiese Ope kampioen, Madison Keys, is die jongste ster wat by Wimbledon gesneuwel met die sesde gekeurde Amerikaner wat deur Laura Siegemund uitgeskakel is. Keys het 6-3, 6-3 verloor teen die Duitser, die wêreld se nommer 104. Die 30-jarige Keys is die vyfde uit die top ses gekeurde spelers wat op verrassende wyse die onderspit in vanjaar se toernooi gedelf het. Coco Gauff, Jessica Pegula, Jasmine Paolini en Zheng Qinwen is reeds uit die toernooi, maar die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka is darem nog in die toernooi.
# Eb rugby: Die Junior Springbokke het ‘n vroeë agterstand van 14 punte ingehaal om ‘n bonuspuntoorwinning teen die verdedigende kampioen Engeland te behaal by die Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap in Rovigo. Suid-Afrika is na gisteraand se oorwinning van 32-22 nou eerste in Groep A met 10 punte. Engeland is tweede met vyf punte, met Australië derde, nadat hulle Skotland vroeër die dag met 34-24 geklop het. Die laaste ronde groepwedstryde vind Woensdag plaas, met die Junior Bokke teen Skotland en Engeland teen Australië.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….