Nuus 07:00
BULLETIN 5 Julie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Tientalle is dakloos gelaat ná ‘n ontploffing in ‘n informele nedersetting in Springs
# Minister Meth verwelkom die polisie se deurbraak in die Werkloosheidsversekeringsfonds-bedrogspul
# En rugby: Die Springbok-vroue is gereed om teen Kanada uit te draf
# ‘n Reuse-ontploffing in ‘n informele nedersetting in Springs in Ekurhuleni het tientalle mense dakloos gelaat. Gemeenskapslede beweer die ontploffing was die gevolg van plofstof wat onwettige mynwerkers in hul huisies versteek. Die gebied is ‘n brandpunt vir onwettige mynbouaktiwiteite. Ekurhuleni Nooddienste se woordvoerder, William Ntladi sê die brandweer het ‘n oproep ontvang oor van die huisies en ‘n motor wat aan die brand is. Noodspanne op die toneel het vasgestel daar het ‘n reuse-ontploffing plaasgevind:
# RISE Mzansi het sy gewig agter die begroting van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel gegooi en gesê dit moet die middelpunt wees in die lewering van akkurate regeringsinligting. Die leier van RISE Mzanzi, Songezo Zibi, het tydens die begrotingsdebat die ineenstorting van tradisionele media en die toename in waninligting benadruk. Hy het die GCIS aangespoor om sosiale media as noodsaaklike platforms te beskou en voorgestel tegnologiereuse soos Meta en Google moet ‘n heffing betaal om burgerlike opvoeding en feitekontrole-instrumente te befonds.
# Die Departement van Indiensneming en Arbeid beplan om strenger beheermaatreëls in te stel na ‘n groot polisie-operasie wat bedrog in die Werkloosheidsversekeringsfonds oopgevlek het. Minister Nomakhosazana Meth verwelkom die inhegtenisname van verskeie verdagtes in Gauteng en die Vrystaat, insluitende ‘n departementele beampte in Bloemfontein, in verband met bedrieglike eise teen die fonds wat valsmaatskappye en gesteelde identiteite behels, met verliese van meer as 1,5-miljoen-rand. ‘n Woordvoerder van die Ministerie, Thobeka Magcai sê die verdagtes sal waarskynlik Maandag in die hof verskyn:
# President Emmanuel Macron en die Britse premier, Keir Starmer, sal volgende week tydens die Franse leier se besoek aan die VK, mede-voorsitters van gesprekke met ander Europese leiers wees oor die versterking van Oekraïne se verdediging. Die vergadering sal op 10 Julie plaasvind terwyl die VSA-geleide vredesgesprekke oor die beëindiging van die drie-jaar oorlog teen Oekraïne ‘n dooiepunt bereik het. Amerika is sedert Rusland se volskaalse aanval in 2022 Oekraïne se grootste militêre hulpverskaffer maar hy het Dinsdag gesê hy sal sekere sleutel wapenverskepings na Oekraïne staak.
# En ten slotte rugbynuus:
# Die Springbok-vroue is vasberade om goed te presteer teen Kanada, die wêreld se nommer twee span, wanneer hulle vandag teen mekaar op Loftus Versveld sake uitspook. Dit is die eerste keer wat die twee lande mekaar op Suid-Afrikaanse bodem pak. Kaptein Nolusindiso Booi sê die toets is voorbereiding vir die Rugby Wêreldbeker. Die hulpafrigter Franzel September sê hulle is reg vir die vaardige Kanadese span want die Bok-vroue het sterk voorspelers en hulle is reg om hulle fisies te domineer:
# En hierdie naweek bied ‘n magdom internasionale wedstryde met meeste van die voorste lande wat deelneem. Japan en Wallis skop om 7-uur vanoggend af, gevolg deur die opwindende wedstryd tussen Nieu-Seeland en Frankryk om 5-oor-9. Plaaslike belangstelling is vanmiddag toegespits op Loftus Versfeld in Pretoria wanneer die Springbokke en Italië mekaar om 10-oor-5 die stryd aansê. Georgië speel om 7-uur ‘n tuiswedstryd teen Ierland en Argentinië sluit die dag teen Engeland af met afskoptyd om 9-45. Môreoggend 5-30 kom Australië teen Fidji te staan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….