Nuus 17:00
BULLETIN 4 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Oostenrykse president prys vreedsame oorgang na demokrasie in Suid-Afrika
# Die DA dring aan op dringende optrede oor die Departement van Verdediging se moratorium op energiebeleggings
# En, ActionSA skop sy strategiese beplanning vir die 2026 plaaslike verkiesing af
# Die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, sê Suid-Afrika se vreedsame en inklusiewe oorgang na demokrasie is ‘n wêreldwye voorbeeld van bestendigheid en vooruitgang. Hy het tydens ‘n staatsbesoek aan die Uniegebou in Pretoria die sterk bande tussen die twee lande benadruk, nie net met betrekking tot sakebedrywighede nie, maar ook wetenskap, onderwys en kultuur. Van der Bellen vra vir groter samewerking op gebiede soos herwinning, musiek en jeugontwikkeling:
# Die DA sê die Departement van Verdediging het in ‘n enkele, ondeurdagte skuif, die toekoms van alle Onafhanklike Kragvoorsieningsprojekte in gevaar gestel, wat beide energiesekerheid en belegging ondermyn. Nico Pienaar van die DA sê die departement het ‘n moratorium geplaas op die uitgee van geen-beswaar briewe wat ‘n noodsaaklike vereiste is vir alle kragvoorsieningsprojekte om aan die nasionale energienetwerk te koppel. Hy sê die party dring aan op onmiddellike optrede:
# ActionSA het met sy strategiese beplanningsvergadering begin om voor te berei vir volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesings. Die party se hoogste besluitnemingsliggaam sal drie dae gebruik om sy strategie uit te stippel om verkiesingsukses te behaal. Besprekings sal daarop fokus om ActionSA se nasionale pogings te rig, met die doel om hoop te bied te midde van, wat hy die mislukkings van gevestigde partye noem. Belangrike uitkomste en die party se toekomstige rigting sal Maandag bekend gemaak word.
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy beplan om alreeds vandag briewe te stuur om die handelsvennote in te lig oor hulle handelsheffings. Onderhandelings om hoër Amerikaanse heffings te vermy, is amper voltooi. Lande sal vanaf 1 Augustus die nuwe heffings betaal. Trump sê die heffings sal tussen 60- en 70-persent en tussen 10- en 20-persent wees. Sy kommentaar kom dae voor strenger heffings in werking sal tree vir baie ekonomiëe wat vir elkeen aangepas is, wat strek van Taiwan tot die Europese Unie.
# Rugby: Die Junior Springbokke is oorgehaal vir ‘n trefferkragmeting met Engeland, die kampioenspan, in ‘n kritieke Groep-A-wedstryd in die Wêreldrugby onder-20 Kampioenskap vanaand in Rovigo, Italië. Die Junior-bokke is besig om momentum op te bou, met ‘n klinkende oorwinning van 73-17 oor Australië. Die afrigter Kevin Foote het Engeland se reputasie geprys en sê hy verwag ‘n opwindende stryd. Hy het vertroue in sy span uitgespreek en gesê hulle is goed voorbereid vir die taai stryd wat voorlê:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-73-sent teen die euro en 24-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-690-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-333-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….