Nuus 13:00
BULLETIN 4 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Ntshavheni en Stats SA vergader met die hoof van Capitec oor werkloosheidsyfers
# Die GOOD-party sê lewenskoste en uitsluiting dryf beroepslui uit Kaapstad
# En, die BRICS-beraad in Rio gaan voort sonder Putin en Xi
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni en die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het met die uitvoerende hoof van Capitec, Gerrie Fourie, vergader om werkloosheidsyfers te bespreek. Fourie het onlangs aangevoer dat die werkloosheidskoers nader aan tien-persent is, teenoor die amptelike koers van 32,9-persent. Maluleke sê die gesprek in Stellenbosch was konstruktief en het bevestig dat Stats SA se data informele werkers en mense wat vir hulleself werk, insluit. Hy het bygevoeg dat hulle bereid is om ‘n register te skep vir informele besighede om arbeidstatisktiek te verbeter.
# Die GOOD-party is bekommerd omdat beroepslui toenemend vanaf Kaapstad na Gauteng verhuis, met verwysing na hoë lewenskoste en veiligheidskwessies. Die party sê een van die hoofredes wat aangevoer word, is die lewenskoste, veral die duur munisipale tariewe en tariewe wat die DA-geleide Stad Kaapstad ingestel het. Anton Louw van GOOD sê hierdie onverbiddelike verhogings plaas druk op inwoners, ondermyn bekostigbaarheid en versnel die uittog van geskoolde beroepspersone en werkende gesinne:
# ‘n Beraad vir BRICS-nasies word Sondag in Rio de Janeiro gehou, met lede wat hoop om hul menings te lug oor wêreldwye krisisse, maar hulle is lugtig oor die Amerikaanse president Donald Trump se beleid. Die stad is gasheer vir leiers en diplomate van 11 opkomende ekonomieë, insluitend China, Indië, Rusland en Suid-Afrika, wat byna die helfte van die wêreldbevolking en 40-persent van sy BBP verteenwoordig. Die Chinese president Xi Jinping sal vir die eerste keer die beraad misloop. Vladimir Putin van Rusland staar ‘n Internasionale Strafhof-lasbrief vir inhegtenisneming in die gesig en sal aanlyn deelneem.
#Tennis: Carlos Alcaraz wil later vandag sy aanslag op ‘n derde opeenvolgende Wimbledon-titel momentum gee wanneer hy teen die Duitse buiteperd Jan-Lennard Struff te staan kom. Emma Raducanu van Brittanje gaan op haar beurt probeer om die nommer 1-speler Aryna Sabalenka by die lys te voeg van gunstelinge wat uitgeskakel word. Alcaraz weet hy moet sy afslaan aan die gang kry om sy Wimbledon-titel te verdedig en hy hoop om dit in die derde ronde te doen. Raducanu glo sy kan Sabalenka klop nadat sy Woensdag die Wimbledon-kampioen Marketa Vondrousova verslaan het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-59-sent teen die dollar, 20-rand-72-sent teen die euro en 24-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-005-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-334-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-70-sent per vat.
# En laastens, die Tafelberg-sweefspoor sal vanaf 28 Julie tot 3 Augustus sy bedrywighede by die boonste en onderste stasies sluit vir jaarlikse onderhoudswerk. Die uitvoerende direkteur, Selma Hercules, sê die sluiting is om veiligheid en betroubaarheid verseker. Hercules doen ‘n beroep op stappers om die berg te voet af te klim, aangesien alle sweefspoor-dienste gestaak word. Sy beklemtoon verjaarsdagkaartjie-geskenkbewyse bly geldig voor of na die sluiting tydens die verjaarsdagmaand:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….