Nuus 11:00
BULLETIN 4 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mmusi Maimane sê David Mabuza was ‘n sentrale figuur op Suid-Afrika se politieke pad
# Die polisie soek na die moordenaars van vyf mense in Mitchells Plain
# en die GOOD-party sê Kaapstad het ’n plan nodig om bendegeweld te takel
# BOSA-leier Mmusi Maimane sê die gewese adjunkpresident David Mabuza was ‘n sentrale figuur op Suid-Afrika se politieke reis. Mabuza was van 2018 tot 2023 Suid-Afrika se adjunkpresident en voor dit byna ʼn dekade lank premier van Mpumalanga. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die party dra in hierdie tyd van rou sy medelye oor aan familie, vriende en ANC-comrades
# Die polisie in die Wes-Kaap het na verdagtes begin soek nadat vyf mense Donderdagmiddag doodgeskiet en sewe gewond is in skietvoorvalle wat op verskillende plekke in Mitchells Plain voorgekom het. Die woordvoerder van die polisie, Novela Potelwa, sê hulle is by twee snoepwinkels in Beacon Valley geskiet. Sy sê daar was nog sterftes in twee ander skietvoorvalle:
In aansluiting by die skietvoorvalle, het die GOOD-party gesê Kaapstad het ʼn regte plan nodig om die grondoorsake van bendegeweld, swak skoolopvoeding, hoë werkloosheid, gebrek aan bekostigbare behuising en verwaarlosing op die Kaapse Vlakte aan te spreek. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, verwys na die onlangse moorde helderoordag op vyf persone by verskillende plekke in Mitchells Plain:
# Amerikaanse immigrasie-agente het die beroemde Mexikaanse bokser, Julio Cesar Chavez Junior, gearresteer en sal hom na Mexiko deporteer. Amptenare sê die 39-jarige bokser het ʼn lasbrief vir inhegtenisneming teen hom in Mexiko weens sy betrokkenheid by die berugte Sinaloa-dwelmkartel. Die gewese middelgewig-wêreldkampioen is ʼn week voor sy arrestasie deur die voormalige smaakmaker, Jake Paul, uitgeslaan in ʼn geveg in Kalifornië. ʼn Woordvoerder van die Departement van Binnelandse Sake het in ʼn verklaring gesê onder president Trump is niemand bo die wet verhewe nie, nie eens wêreldbekende atlete nie.
# Motorsport: George Russell glo hy sal in 2026 by Mercedes bly ten spyte van gerugte dat hulle Max Verstappen wil nader. Russell het vroeër gesê sy kontrakonderhandelings word vertraag deur Mercedes se belangstelling in Verstappen, Red Bull se viermalige verdedigende Formule 1-kampioen. Russell het voor die Britse Grand Prix aan die Engelse media gesê kanse is “uiters skraal” dat hy nie volgende jaar vir Mercedes sal jaag nie. Russell is tans vierde in die bestuurderskampioenskap. Die 27-jarige renjaer het in 2017 deur Mercedes se junior program gevorder en jaag sedert 2022 voltyds in hulle F1-span.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-52-sent teen die dollar, 20-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-173-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-342-dollar-155-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….