Goeie Nuus
BULLETIN 3 Julie 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# ‘n Dosent aan die Universiteit van Kaapstad, Sanele Ntshingana, is een van 18 wêreldwye genote wat gekies is vir die W.E.B. du Bois Navorsingsinstituut-genootskap aan die Hutchins-sentrum vir Afrika- en Afrika-Amerikaanse Navorsing aan die Havard-universiteit. Hy sal vier maande as ‘n Mandela-genoot by Harvard wees, en fokus op sy boek. Volgens die universiteit stel die projek ondersoek in oor hoe 19de en vroeë 20ste eeuse isiXhosa-sprekende Afrika-akademici bespiegel het oor politieke gesag met ‘n volkstaal-benadering.
# Die burgemeester van eThekwini, Cyril Xaba, sê altesaam 25 modeontwerpers sal hul ‘Marvels of Mzansi‘-uitrustings Saterdag op die hoofverhoog van die Durban July-perdewedren ten toon stel. Dit is deel van die Durban July-mode-ervaring, ‘n vennootskap tussen eThekwini en die Hollywood-stigting. Xaba sê die modeprogram sluit die Jong ontwerperstoekenning, die Durbanse Opkomende Mode-sterre en die genooide ontwerper-katergorie in:
# Die eerste blinde toergids in Kaapstad, Winston Fani, is ‘n ware kampvegter vir inklusiewe toerisme met sy onderneming, Out of Sight Tours. Fani was aan die stuur van Dinner in the Dark by die luukse One-and-Only-hotel, wat in vennootskap met Kaapstad Toerisme aangebied is. Die gaste, insluitend burgemeester, Geordin Hill-Lewis, moes in ‘n pikdonker vertrek geëet het om ‘n wêreld sonder sig te ervaar. Fani sê inklusiewe toerisme skep ‘n verbintenis wat baie verder as sig strek en waar almal tuis voel.
#Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Direktoraat van Samewerkende Onderwys en die Kantoor vir Promosie en Vennootskappe het ‘n vennootskap gevestig deur ‘n Diensvlakooreenkoms wat pas onderteken is. Dit is ‘n strategiese verskuiwing om departemente wat afsonderlik funksioneer, saam te voeg, duplisering te verminder en prosesse wat studente-ontwikkeling en werkgereedheid ondersteun, te stroomlyn. Die universiteit sê die projek beklemtoon sy verbintenis om gegradueerdes gereed te kry vir die toekoms en sterk vennootskappe te vorm wat positiewe verandering reg oor die akademie en die bedryf teweegbring.
# En ten slotte: The Devil Wears Prada Two is een tree nader aan die groot skerm, en dit kom te midde van groot skuiwe in die modebedryf wat die fliek geïnspireer het. Die aankondiging van 20th Century Studios sê die opvolg is tans in produksie, en skakel in met die nuus dat Anna Wintour na amper vier dekades aftree as hoofredakteur van Vogue. She word wyd beskou as die inspirasie vir Miranda Priestly wat deur Meryl Streep gespeel word. Streep is in die opvolg, asook Anne Hathaway, Emily Blunt en Stanley Tucci.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….