Nuus 09:00
BULLETIN 1 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Saai sê Suid-Afrika se plaasmisdaadkrisis word onderskat
# SAFTU verwelkom die arrestasie van die Transnet-uitvoerende bestuurslede vir korrupsie
# En Netanyahu sal volgende week met Trump vergader
# Die Suider-Afrikaanse Agri-insiatief, Saai, sê die ware omvang van misdaad op plase en in landelike gebiede word heeltemal onderskat omdat baie voorvalle nie by die polisie aangemeld word nie. Saai-woordvoerder, Leon Lourens, sê die statistiek van eksterne rolspelers en die SAPD se datastelsel, onthul dat slegs 50-persent van alle veediefstalle wat aangemeld word, in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se stelsel aangeteken word:
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê om groter privaat belegging vir volhoubare ontwikkeling te bevorder, moet regerings en ontwikkelingsinstellings bestuur en regulatoriese sekerheid verbeter. Dit sluit in die vereenvoudiging van beleggingsverwante regulasies, die minimum burokratiese struikelblokke en langtermyn-beleidkonsekwentheid om beleggersvertroue te bevorder. Lamola sê dis noodsaaklik om regs- en institusionele raamwerke te versterk om eiendomsregte te beskerm, seker te maak kontrakte word nagekom en deursigtige, voorspelbare meganismes vir geskilbeslegting te skep:
# Saftu verwelkom die arrestasie van Brian Molefe, Anoj Singh, Siyabonga Gama en Thamsanqa Jiyane. Hulle staar strafregtelike aanklagte in die gesig wat verband hou met die Transnet-lokomotiefaankope van 93-miljoen-rand waarby China South Rail betrek word. Die federasie sê al vier beskuldigdes het in die Palm Ridge-handelsmisdaadhof in Ekurhuleni verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en die Maatskappyewet, en is op borgtog van 50-duisend-rand elk vrygelaat. Saftu sê die Zondo-kommissie het bevind die kontrakte vir een-duisend-259 lokomotiewe is onregmatig toegeken.
# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu vergader volgens Amerikaanse amptenare komende Maandag met president Donald Trump. Die besoek op 7 Julie volg nadat Trump gesê het ‘n skietstilstand in Gaza kan binne ʼn week bereik word. Netanyahu se besoek is nog nie amptelik bevestig nie, maar het anoniem met Sky News gepraat. ʼn Israelse amptenaar in Washington het egter Maandag se vergadering bevestig. Volgens die Hamas-beheerde gesondheidsministerie is 56-duisend-500 mense die afgelope 20 maande in Gaza dood.
# Tennis: Carlos Alcaraz is in die opwindendste eerste dag van Wimbledon se geskiedenis byna in die eerste ronde uitgeskakel. Die Spanjaard moes spook om die 38-jarige Fabio Fognini te klop in ‘n wedstryd van vier uur en 37 minute. Die 22-jarige Alcaraz het ook in die wedstryd gehardloop om ‘n bottel water vir ‘n toeskouer op die pawiljoen te neem wat flou geword het. Alcaraz wil vanjaar die vyfde man in die geskiedenis van Ope-toernooie word wat minstens drie jaar agtereenvolgens ‘n Wimbledon-titlel wen.
# # En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-69 sent teen die dollar, 20-rand-86-sent teen die euro en 24-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-122-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-322-dollar-84-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….