Eko-minuut 13:30
BULLETIN 27 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Omgewingsorganisasies het kommer uitgespreek oor die regering se hernude belangstelling in gas-tot-krag-projekte in die Konsep- Geïntegreerde Hulpbronplan. Hulle waarsku die voorgestelde byvoeging van tot 19 gigawatt gasvermoë kan die land in die langtermyn van fossielbrandstof afhanklik maak terwyl dit energiekoste opjaag en ongelykheid vererger. Green Connection sê hulle eis deursigtige modellering, volle openbare deelname en ‘n plan wat bekostigbare, klimaatveilige energie aan alle Suid-Afrikaners voorsien.
# Altesaam 92-persent van Johannesburg se inwoners het kommer uitgespreek oor lugbesoedeling en 78-persent glo dit beïnvloed hul gesondheid negatief. Dis volgens nuwe inligting van die metro se Departement van Omgewings- en Infratruktuur-dienste, in samewerking met Breath Cities en die Clean Air Fund. Die metro se woordvoerder, Virgil James, sê al die deelnemers het fossielbrandstofverbruik, vrylating van voertuiggasse en die verbranding van afval as die hoofoorsake van swak luggehalte uitgelig:
# En ten slotte: Die Wêreldbank-groep en die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ʼn ooreenkoms onderteken om saam te werk om die veilige, seker en verantwoordelike gebruik van kernenergie in ontwikkelende lande te ondersteun. Een-en-dertig lande bedryf tans kernkragaanlegte, wat sowat nege-persent van die wêreld se elektrisiteit opwek. Dit kom neer op byna ʼn kwart van die wêreld se laekoolstofkrag. Die Wêreldbank se president, Ajay Banga, sê kernenergie verskaf aaneenlopende basislading en bevorder netwerkbestendigheid en -veerkragtigheid:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….