Nuus 12:00
BULLETIN 27 Junie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Departement van Samewerkende Regering ignoreer ‘n hofbevel om ‘n stigting nege-miljoen te betaal
# Die Kanadese Parlement keur ‘n mylpaalwet goed wat afhanklikheid van Amerika sal verminder
# En rugby: Jessie Kriel voer die Bokke aan teen die Barbarians nadat Kolisi moes onttrek
# Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is onder skoot nadat hy ‘n hofbevel veronagsaam het om meer as nege-miljoen-rand aan die Insika-stigting te betaal. Die stigting het die hof genader om die departement te dwing om te betaal vir dienste wat gelewer is, en dis toegestaan. Die departement het geappelleer, maar die saak verloor. Die stigting se uitvoerende hoof, Ziphozethu Matheniwa, sê hulle gaan die hof weer nader en ook ʼn klagte by die Parlement en die Openbare Beskermer indien.
# Die Wes-Kaapse regering waarsku motoriste om waaksaam te bly omdat verskeie paaie reg oor die provinsie deur oorstromings geraak word. Dit volg nadat ʼn koue front met swaar reën die provinsie Woensdag getref het. Volgens weervoorspellings sal die nat weer nog tot die naweek en selfs volgende week voortduur. Die LUR vir Beweeglikheid, Isaac Sileku, sê op party plekke is paaie onbegaanbaar weens oorstromings of skade aan infrastruktuur, soos brûe wat weggespoel het:
In die noorde word temperature van onder vriespunt die naweek in die meeste dele van Johannesburg verwag weens ‘n kouefront. Verskeie gebiede in die metro ondervind reeds temperature van onder vriespunt. Die woordvoerder van Johannesburg se Nooddiensbestuur, Robert Mulaudzi, sê hulle is voorbereid op enige noodtoestande wat mag voorkom:
# Die Kanadese Parlement het die One Canadian Economy Act goedgekeur wat beoog om handelsgrense te verwyder, nasiebouprojekte te bevorder en ekonomiese groei te laat opvlam. Die wetgewing word gesien as ‘n manier om die tariewe van die Amerikaanse president, Donald Trump, teen te staan. Trump het die tariewe op Kanadese staal, aluminium en sy motorsektor ingestel. Eerste minister Mark Carney sê die regering sal nou die mag hê om projekte van nasionale belang goed te keur:
# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus moes noodgedwonge ‘n laat verandering aan sy span aanbring vir môre se wedstryd teen die Barbarians in Kaapstad. Kaptein Siya Kolisi moes onttrek weens ‘n ligte besering en Jesse Kriel sal die span aanvoer. Erasmus het Marco van Staden in Kolisi se plek in die opdrafspan gekies, en hy sal saam met Vincent Tshituka en Jean-Luc du Preez die losvoorspelers wees. Die res van die span bly dieselfde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-84-sent teen die dollar, 20-rand-90-sent teen die euro en 24-rand-52-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 106-duisend-840-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-281-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-4-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….