Nuus 12:00
BULLETIN 26 Junie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Zuma sê die hof moet die ANC se besluit verwerp om sy lidmaatskap na 65 jaar op te hef
# Giwusa sê die ANC het die Vryheidsmanifes verraai
# En geen ernstige voorvalle is oornag aangemeld na swaar reën in Kaapstad nie
# Die MK-party se president, Jacob Zuma, het ‘n aansoek by die Hooggeregshof ingedien teen die ANC en sy president, Cyril Ramaphosa. Hy wil hê die hof moet die ANC se besluit omkeer om sy lidmaatskap na 65 jaar te beëindig, wat hy onwettig noem. Zuma is verlede jaar uit die party geskop oor sy rol in die stigting van die MK-party. MK sê hy staan by Zuma in hierdie grensverskuiwende saak wat hopelik sy lidmaatskap van albei partye sal herstel.
Die vakbond Giwusa sê intussen die ANC het meer as 70 jaar lank die revolusionêre aspek van die Vryheidsmanifes verraai. Vandag is die 70ste herdenking van die manifes wat in 1955 in Kliptown, Soweto, aanvaar is. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die ANC het dit verraai deur die sosialistiese betekenis te ontken en neo-liberalisme saam met die DA af te dwing in die regering van nasionale eenheid:
# Die Stad Kaapstad se Ramprisikobestuur sê geen voorvalle van ernstige oorstromings is oornag aangemeld nie. Woordvoerder Sonica Lategan sê organisasies soos die Mustadafin-stigting en Islamic Relief het ondersteuning gebied in Vygieskraal en Belgravia, waar meer as 600 mense geraak is:
# ‘n senior afvaardiging van Afrikaner-leiers het ʼn hoëvlak-vergadering met senior amptenare van die Withuis in Washington gehou. Die afvaardiging het bestaan uit die leier van die Vryheidsfront Plus, Corné Mulder, die uitvoerende raadsvoorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-insiatief, Theo de Jager, en die uitvoerende hoof van die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, Gerhard Papenfus. Die amptenare het die voorvereistes vir die normalisering van bilaterale betrekkinge uiteengesit. Dit sluit in dat plaasaanvalle tot voorkeur-misdaad verklaar word en dat geen onteiening sal plaasvind sonder vergoeding teen markwaarde nie.
# Atletiek: Kenia se driemalige Olimpiese kampioen in die een-duisend-500-meter, Faith Kipyegon, gaan vanaand in Parys, Frankryk, probeer om die eerste vrou te word wat die myl in onder vier-minute hardloop. Nike se “Breaking4”-projek volg op die sukses van Kipyegon se landgenoot, Eliud Kipchoge, se nie-amptelike marathon van onder twee-uur. Nike glo haar gevorderde hardloopskoene, wat net 85-gram weeg, sal haar ‘n baie goeie kans gee. Kipyegon, wat deur pasaangeërs gehelp sal word, moet haar eie wêreldrekord oor die afstand in 2023 met meer as sewe sekondes verbeter.
# En ten slotte: Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-59-sent teen die dollar, 20-rand-63-sent teen die euro en 24-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-994-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-345-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….