Eko-minuut 13:30
BULLETIN 24 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die tweede Gesamentlike Forum oor Klimaatdienste en Ruimte vir Vroeë Waarskuwings in Afrika is in Windhoek, Namibië, aan die gang. Dit word gehou met die tema Versnelde toegang tot Klimaat- en Weerdienste vir Veerkragtige Afrika-ekonomieë en Gemeenskappe. Die forum werp lig op die uitwerking van die ClimSA-program op klimaatgegronde beleid en besluitneming en sy bydraes tot beter klimaatrisikobestuur. Moses Vilakati van die Afrika-unie sê Afrika is een van die wêreld se kwesbaarste streke wat klimaatsverandering betref:
# Navorsing wat in Communications Earth and Environment gepubliseer is, dui op groot gapings in bioverskeidenheids-data in oseane. Navorsers het 19-miljoen rekords ontleed en ingewortelde wanbalanse gevind wat die risiko bied om ekologiese vertolking en bewaring-strategieë te verwring. Die geografiese verspreiding van data neig na die noordelike halfrond, wat verantwoordelik is vir meer as 75-persent van die rekords wat ontleed is. Navorsers sê onakkurate of onvolledige bioverskeidenheids-data kan lei tot verkeerde bestuurstrategieë, wat sleutelspesies en habitats kwesbaar laat, veral in die lig van versnellende oseaanveranderinge.
# En ten slotte: Leerders van Isipingo Hills Primary School in KwaZulu-Natal het onlangs geleer van die waarde om die aarde op te pas en die gevare van plastiek besoedeling. Dit was deel van ‘n vennootskap tussen die Natuurlewe- en Omgewingsvereniging van Suid-Afrika en die eThekwini-munisipaliteit se Departement vir Skoonmaak en Vaste-afval. Bedrywighede sluit in die aanplant van ʼn groentetuin, demonstrasies oor vullis-sortering en onderrig oor herwinning. Suid-Afrika vervaardig jaarliks sowat 2,5-miljoen ton plastiek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….