Nuus 08:00
BULLETIN 24 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Nkabane moet die volledige lys vir die SETA-paneel aan die Parlement voorlê
# Ses vermeende afpersers word in ’n skietgeveg met die polisie naby Mthatha doodgeskiet
# En krieket: Die Wes-Indiese Vroue beklink die T20-reeks teen Suid-Afrika
# Die Parlement is gereed om die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, opdrag te gee om al die name van die adviespaneel wat gehelp het met die aanstellings van die voorsitters vir die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerhede, bekend te maak. ‘n Nuwe datum vir haar verskyning is nog nie aangekondig nie. Die portefeuljekomitee se voorsitter, Tebogo Letsie, sê belangrike name is moontlik uitgelaat in die lys wat Nkabane verlede week ingedien het:
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, doen ‘n beroep op politieke partye om betrokke te raak om die toekoms van munisipaliteite te vorm. Hy het gister ʼn hoëvlak-dialoog met politieke leiers gevoer as deel van die voortgesette hersiening van die 1998 Witskrif oor Plaaslike Regering. Die hersieningsproses wil eerlike nadenke en bepalende optrede bevorder om ʼn doeltreffende plaaslike regeringstelsel te vestig. Hlabisa sê plaaslike regering is waar beleide dienste word:
# Ses gewapende verdagtes is gisteraand in ʼn skietery met die polisie op die R-61 tussen Mthatha en Ngcobo in die Oos-Kaap dood. ʼn Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê die intelligensie-gedrewe operasie was op individue se spoor wat vermoedelik betrokke was by afpersingsaktiwiteite in die gebied. Sy sê hulle het ʼn voertuig met die verdagtes in voorgekeer en ʼn skietery het uitgebreek:
# Die Europese Unie waarsku hy kan moontlik druk op Israel plaas indien die situasie vir Palestyne in Gaza nie verbeter nie. ʼn Hersiening van ʼn handels- en samewerkingsooreenkoms tussen Israel en die Europese Unie is verlede maand deur 17 EU-lidlande aangevra uit protes teen Israel se verbod op humanitêre hulp aan Gaza. Die EU se hoof van Buitelandse Sake, Kaja Kallas, beweer Israel het sy verbintenis tot menseregte in Gaza en die Wesoewer verbreek. Sy sê die Palestyne se lyding moet stop.
# Krieket: Die Wes-Indiese vrouespan het Suid-Afrika met ses paaltjies verslaan in die derde en laaste T20-wedstryd in Barbados en die reeks met 2-1 gewen. Die 20-jarige Miané Smit het ʼn onoorwonne 59 behaal en die Proteas het 147 vir ses aangeteken. In antwoord daarop het kaptein Hayley Matthews 65 van 50 balle gemoker en die tuisspan het die teiken gehaal met nege balle oor. Dis die eerste keer in 12 jaar dat die Wes-Indies Suid-Afrika in ʼn reeks tussen die twee lande kon wen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-79-sent teen die dollar, 20-rand-64-sent teen die euro en 24-rand-11-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-181-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-352-dollar-49-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….