Nuus 07:00
BULLETIN 24 Junie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Donald Trump beweer Israel en Iran het ooreengekom oor ‘n skietstilstand
# Die DA eis die vrystelling van die Moorhouse-verslag
# En rugby: Die Junior Springbokke vertrek na Italië vir die O.20 Wêreldrugby-kampioenskap
# President Donald Trump beweer ‘n volledige en totale skietstilstand-ooreenkoms is tussen Israel en Iran bereik. Hy sê in ʼn inskrywing op Truth Social die eerste fase van die skietstilstand sal in die komende ure van krag word wanneer albei lande hulle militêre bedrywighede afskaal. Iran se minister van Buitelandse Sake, Seyed Abbas Araghchi, het egter op X gesê daar is geen skietstilstand nie, maar as Israel sy aggressie staak, sal Iran nie verder optree nie. Israel het nog nie gereageer nie.
# Die DA eis die dringende bekendmaking van die Moorhouse-verslag nadat 12 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gearresteer is in verband met die sluipmoord op ‘n offisier van die Valke, Frans Mathipa, in 2023. Chris Hattingh van die DA sê die verslag ontbloot na bewering geheime militêre netwerke wat betrokke is by marteling, smokkelary en politieke moorde. Hy eis volle deursigtigheid, vervolging en ‘n plan om onwettige SANW-operasies uit te roei, wat nasionale veiligheid en die oppergesag van die reg bedreig:
# Die Spesiale Ondersoekeenheid sê hy het ʼn hofbevel verkry wat die voormalige senior bestuurder van die Nasionale Loterykommissie, Sanele Dlamini, toegang tot sy pensioenvoordele verbied. Dit is hangende ʼn siviele saak teen hom wat verband hou met die wantoedeling van ses-miljoen-rand van die kommissie se fondse. Die Ondersoekeenheid sê sy ondersoek het onthul dat ʼn sportkompleks wat loterykommissie-fondse ontvang het, nooit opgerig is nie en dokumente ter ondersteuning is vervals. Hy sê Dlamini het na bewering die onregmatige toekenning van fondse aan die Motheo Sports and Entertainment Foundation hanteer.
# Gauteng se LUR van Onderwys, Matome Chiloane, het hartseer uitgespreek na die dood van twee graad 5-leerders van Dan Radebe Primary School in Duduza, Ekurhuleni. Hulle het vermoedelik verdrink en hul liggame is Vrydag in ʼn waterpoel ontdek. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die poel het volgens berigte ontstaan ná uitgrawings by ʼn nabygeleë bouperseel:
# Cosatu ondersteun die polisievakbond Popcru se Restore Dignity-optog, wat vandag in Pretoria plaasvind. Die vakbond dring aan op optrede teen ongeregtigheid in die strafregstelsel. Die optog beklemtoon die regte van werkers, waardigheid, en aantygings van seksuele uitbuiting by SAPD-opleidingsfasiliteite. Die vakbond veroordeel alle seksuele teistering in die werkplek en vra vir streng strawwe vir oortreders. Cosatu vra vir landwye opleiding oor die 2021-wysigings aan die Wet op Seksuele Misdrywe om geslaggeweld te beveg.
# Die Junior Springbokke is op pad na Verona in Italië vir finale voorbereidings vir die 2025 Onder-20 Wêreldrugby-kampioenskap wat Sondag begin. Hulle eerste wedstryd is teen Australië, gevolg deur harde en opwindende wedstryde teen Engeland en Skotland. Slot JJ Theron het die groep se trots om Suid-Afrika te verteenwoordig beklemtoon en gesê hulle is baie opgewonde oor die toernooi:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-80-sent teen die dollar, 20-rand-65-sent teen die euro en 24-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-151-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-348-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-57-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….