Nuus 09:00
BULLETIN 22 Junie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Iran neem wraak na die Amerikaanse aanval
# Frik Potgieter en Peter Huxham word uit Ekwatoriaal-Guinee vrygelaat
# En Eskom sê dieselverbruik sal afneem namate meer eenhede herstel word
# Die Israelse weermag sê Iran het ‘n nuwe vlaag missiele op die land afgevuur. Die weermag het in ‘n verklaring gesê verdedigingstelsels is opgestel om die bedreiging te onderskep en die publiek opdrag gegee om in veilige ruimtes te bly tot verdere kennisgewing. Die nuwe vlaag missiele is die eerste wat Iran afgevuur het sedert die VSA se aankondiging dat hulle Iran se kernfasiliteite aangeval het. Intussen het Iran se minister van Buitelandse Sake die aanvalle veroordeel en gewaarsku dat dit “ewigdurende gevolge” sal hê. Abbas Araghchi sê Iran “hou alle opsies oop om sy soewereiniteit, belange en mense te verdedig”.
# Die twee Suid-Afrikaanse ingenieurs, wat sedert 9 Februarie 2023 onwettig in Ekwatoriaal-Guinee aangehou is, is vrygelaat en is veilig tuis op Suid-Afrikaanse bodem. Hul vrylating volg op ‘n kwytskelding deur die president van Ekwatoriaal-Guinee, Teodoro Obiang Mbasogo. Frik Potgieter en Peter Huxham is persoonlik verwelkom deur die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, toe hulle gisteraand by die Lanseria-lughawe aangekom het. ‘n Woordvoerder vir die twee mans se families, Francois Nigrini, het hul diepste waardering uitgespreek teenoor almal wat onvermoeid agter die skerms gewerk het om hul vryheid te verseker:
# Eskom sê dieselverbruik sal na verwagting afneem namate meer eenhede herstel word en langtermyn onderhoud verminder word, om die beskikbare opwekkingsvermoë verhoog. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê vir die jaar tot dusver het die kragverskaffer ongeveer 4,51-miljard-rand aan brandstof vir die oopsiklus-gasturbinevloot bestee, wat 768,64-gigawatt-ure opgewek het. Sy sê die dieseluitgawes is steeds binne die begroting vir die huidige boekjaar:
# The Forum for South Africa sê hulle is ontsteld oor kommentaar deur die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, ter verdediging en regstelling van die openbaarmaking deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Shamila Batohi. Die forumleier, Tebogo Mashilompane, sê Batohi se bewerings oor die infiltrasie van die NVG is waar. Hy sê egter die minister se woordkeuse was verkeerd en sy moet ophou om die land te mislei:
# Die GOOD-party doen ‘n beroep op skoolbeheerliggame, onderwysdepartemente en gemeenskappe om rassisme by skole met die erns te hanteer wat dit verdien. Die party sê die jongste voorval van beweerde rassisme by die Bryandale Primary School in Bryanston is nog ‘n hartseer herinnering dat Suid-Afrikaanse skole nog ‘n lang pad moet loop voordat ware transformasie en insluiting bereik word. GOOD se voorsitter, Matthew Cook, sê stilswye of vertraging laat rassisme voortduur:
# En motorsport: Marc Marquez is stewig op pad na ‘n sewende elite-wêreldtitel met gister se snelren by die Italiaanse MotoGP waardeur hy sy voorsprong in die kampioenskap versterk het. Die Spaanse legende moes terugveg na ‘n rampspoedige begin uit die voorste wegspringplek by Mugello om die volle 12 punte te behaal. Hy is nou 35 punte voor sy naaste uitdager, en broer Alex Marquez. Die 32-jarige is reeds die gunsteling om sy groot mededinger Valentino Rossi se sewe wêreldkampioenskappe te ewenaar, net agter die grootste wenner van alle tye, Giacomo Agostini.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….