Nuus 13:00
BULLETIN 21 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Statistiek Suid-Afrika sê skuldverwante siviele sake toon steeds ‘n afname
# ‘n Mosambiekse sindikaatleier is doodgeskiet in ‘n skietgeveg met die polisie
# En sokker: Sundowns mik na ‘n plek in die laaste 16 van die Klubwêreldbeker
# Statistiek Suid-Afrika sê meer as agt-duisend siviele vonnisse vir skuld is in April aangeteken met ‘n totale waarde van 221-miljoen-rand. Dit is 19,5-persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste afnames was in geleende geld, skriftelike beloftes, dienste en ander skuld. Onica Mushwana van Stats SA sê die data wys ‘n deurlopende afwaartse neiging in siviele skuld, wat die druk op howe en verbruikers effens verminder:
# Die Ministerie van Elektrisiteit en Energie sê die Suid-Afrikaanse Hernubare Energie-meesterplan sal industrialisasie en vaardigheidsontwikkeling in die hernubare energiesektor aanmoedig. Die plan, wat verlede week gedurende die Afrika Groenwaterstof-beraad in Kaapstad bekend gestel is, beoog om plaaslike vervaardiging te ondersteun, die waardekettings vir batteryberging uit te brei en die inklusiewe deelname in energie-oorgang te bevorder. Adjunkminister Samantha Graham-Maré sê daar word verwag dat die meesterplan teen 2030 25-duisend werksgeleenthede sal skep:
# Die GOOD-party is in solidariteit met die inwoners van Kaapstad wat gedreig word met uitsetting uit die Woodstock-hospitaal, Irene Grootboom-huis en die Helen Bowden-verpleegtehuis in Seepunt. Die party sê hierdie drie besette openbare geboue huisves nou ongeveer tweeduisend inwoners. Axolile Notywala van GOOD sê Suid-Afrika moet sinvol in gesprek tree met arm mense wat vir hulself huise geskep het, nadat hulle dekades lank deur al drie regeringsvlakke gefaal is:
# ‘n Veertigjarige Mosambiekse ontvoeringsindikaatleier is doodgeskiet in ‘n skietgeveg met die polisie by ‘n woonkompleks in Midrand, Johannesburg. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe sê die polisie se teen-ontvoeringstaakspan was besig om na ‘n ontvoerde Pakistanse sakeman van Pretoria-Wes te soek. ‘n Skietgeveg het in Fourways uitgebreek en een verdagte is doodgeskiet. Hy is Mauro Mucambe Junior, ‘n sindikaatleier van Mosambiek wat met verskeie ontvoerings verbind word:
# Na ‘n drie-jaar periode bo aan die lys van die mees leefbare stede in die wêreld, is Wenen, die Oostenrykse hoofstad, onttroon deur die Deense hoofstad, Kopenhagen. Die stad het volpunte gekry vir stabiliteit, onderwys en infrastruktuur. Wenen en Zurich in Switserland is gesamentlik tweede. Melbourne, Sydney en Adelaide in Australië is onderskeidelik, vierde, sesde en negende. Genève in Switzerland is vyfde, Osaka in Japan, en Auckland inNieu-Seeland is gesamentlik sewende met Vancouver in Kanada, tiende.
# En sokker: Mamelodi Sundowns hoop om vir die laaste 16 van die Klub-Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer deur Borussia Dortmund vanaand in Cincinnati, Amerika, te klop. Die Brazilians is boaan Groep F met drie punte ná ’n oorwinning van 1–0 oor Ulsan danksy ‘n doel deur Iqraam Rayners. Die doelskieter sê hulle moet kalm bly en takties gedissiplineerd wees. Dortmund is onoorwonne in agt wedstryde terwyl Sundowns slegs een keer in hulle laaste 27 wedstryde verloor het. Dit is die spanne se eerste kragmeting. Die wedstryd begin vanaand ses-uur, Suid-Afrikaanse tyd.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….