Nuus 18:00
BULLETIN 19 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA eis die skorsing van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings en hervorming van die regstelsel
# Een van Elon Musk se SpaceX Starships ontplof tydens ’n roetine-toets in Texas
# En rugby: Skotland se kaptein by tot 2028 by Bath
# Athol Trollip van ActionSA eis die skorsing van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, met verwysing na wydverspreide wanfunksionering in die Nasionale Vervolgingsgesag. ActionSA het in Pretoria ‘n versoekskrif oorhandig aan die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, om president Cyril Ramaphosa se ingryping te versoek. Trollip sê die mislukte vervolgings en ‘n gebrek aan optrede in hoëprofielsake dui aan die NVG het openbare vertroue verloor:
Die NVG gaan intussen die Verenigde Arabiese Emirate weer versoek om die Gupta-broers uit te lewer. Die hoof van die Ondersoekdirektoraat, Andrea Johnson, het in die Parlement 12 onbeantwoorde diplomatieke punte bevestig. Die VAE het ‘n nuwe aansoek aangevra ondanks ‘n vorige aansoek. Johnson het in die Parlement gesê bykomende aanklagte sal ingesluit word. Die NVG het tot dusver slegs 83 skuldigbevindings verseker vanuit drie-duisend korrupsiesake wat verwys is deur die Spesiale Ondersoekeenheid:
# Die Stad Kaapstad sê die direktoraat van Korporatiewe Dienste sal Finse kenners se hulp ontvang oor die toepassing van bewys- en data-ontleding vir langtermyn-beplanning en -besluitneming. Die direktoraat bestuur ‘n portefeulje van 159 geboue, 11 munisipale howe en 38 vroeëkinderjare-ontwikkelingsentrums. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe Dienste, Theresa Uys, sê die metro werk daaraan om sy bateportefeulje ten beste te gebruik vir groter medewerking en kostebesparing:
# Een van Elon Musk se SpaceX Starships het tydens ’n roetine-toets in Texas ontplof. Dit is ‘n verdere terugslag vir die miljardêr se droom om die mensdom in ‘n interplanetêre spesie te verander. Die mega-vuurpyl wat aan die lanseerarm gekoppel is, word in ‘n video gesien terwyl daar ‘n flits is, gevolg deur ‘n verblindende ontploffing. Die Space X-organisasie sê hulle was besig met voorbereidings vir die vuurpyl se tiende toetsvlug toe dit ’n reuse onreëlmatigheid ondervind het op ’n toetsplatform by Starbase, maar nie verder uitgebrei nie.
# Rugby: Skotland en die Britse en Ierse Leeus se losskakel, Finn Russell, het sy kontrak met die Premierskapskampioen Bath tot die middel van 2028 verleng. Hy het in 2023 vir drie jaar aangesluit by die Engelse klub wat deur die Suid-Afrikaner Johann van Graan afgerig word, en 420 punte in 45 wedstryde aangeteken. Russell sê hy sien uit daarna om langer by die klub te bly en te sien wat in die toekoms bereik kan word. Van Graan beskryf hom as een van die wêreld se beste nommer-tiens.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-8-sent teen die dollar, 20-rand-75-sent teen die euro en 24-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-608-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-364-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 76-dollar-60-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….