Nuus 16:00
BULLETIN 19 Junie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Floyd Shivambu kondig ‘n raadplegingsproses aan oor die stigting van ‘n nuwe politieke beweging
# Die Oos-Kaapse regering vereer 92 slagoffers van die onlangse vloede
# En Iran sê ‘n militêre basis naby ‘n hospitaal in Israel was die teiken van sy aanval
# Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, het ‘n nasionale raadplegingsproses oor die stigting van ‘n nuwe politieke beweging aangekondig. Hy is onlangs van sy senior posisie onthef na sy omstrede besoek aan Shepherd Bushiri se kerk in Malawi. Shivambu het op ‘n nuuskonferensie gesê die doel van die beweging is om ‘n demokratiese en eerlike party te bou wat ‘n daadwerklike alternatief sal bied vir bestaande politieke partye, maar dat hy nie MK gaan verlaat nie:
# AfriForum het die Verenigde Koninkryk se besluit verwelkom om die leier van die EFF, Julius Malema, ‘n visum. Brittanje het verwys na sy ekstremistiese uitsprake en ondersteuning van groepe soos Hamas, en ook na sy getuienis in die Gelykheidshof in 2022 tydens AfriForum se saak oor die slagspreuk, Kill the Boer. Ernst van Zyl van AfriForum beklemtoon Malema het nie die reg om teen die besluit te appelleer of dit te laat hersien nie:
# Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolani Williams, het die onlangse vloede as katastrofies en ondenkbaar beskryf. Twee-en-neëntig sterftes is tot dusver bevestig, terwyl duisende mense dakloos gelaat is. Daar word verwag dat getalle sal styg terwyl soek- en reddingspogings voortduur. Williams het op ‘n gedenkdiens in Mthatha gesê treurende gesinne wag steeds op vermiste geliefdes. Hy vra alle Suid-Afrikaners om die nasionale dag van rou te eerbiedig:
# Iran sê die hoofteiken van die missielaanval wat ‘n hospitaal in die suide van Israel getref het, was ‘n militêre en intelligensiebasis en nie die gesondheids-inrigting nie. Die hospitaal en twee dorpe naby Tel Aviv is deur ‘n groot aantal Iranse missiele getref, met Israelse reddingswerkers wat 47 beserings aangemeld het. Iran sê die hospitaal was slegs aan die ontploffings se golf blootgestel en dat die presiese en regstreekse teiken die miltêre basis was.
# Basketbal: Die Buss-familie wat Los Angeles Lakers sedert 1979 besit, het ingestem om sy meerderheidsaandeel in die franchise vir ‘n rekordbedrag van 180-miljard-rand te verkoop. Dis die grootste verkope van ʼn beroepsport-franchise in die wêreld. Die familie het ʼn ooreenkoms gesluit met TWG Global se stigter en uitvoerende hoof, Mark Walter, wat Los Angeles Dodgers besit. Volgens berigte sal die Buss-familie ʼn minderheidsaandeel van net meer as 15-persent behou terwyl Jeanie Buss aanbly as Lakers se hoof.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-1-sent teen die dollar, 20-rand-76-sent teen die euro en 24-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-862-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-364-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 76-dollar-26-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….