Eko-minuut 13:30
BULLETIN 17 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Suid-Afrikaanse boere verdien miljoene rand deur klimaatsvriendelike praktyke deur handel in koolstofkrediete. ‘n Program wat volhoubare boerdery beloon, AgriCarbon, het in die eerste ronde bykans vyf-miljoen-rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. AgriCarbon se uitvoerende hoof, Herman Oelsner, sê die program help boere om klimaatsverandering te pak terwyl hulle daaruit wins maak. Hy sê landbou bly kritiek vir Suid-Afrika se groen ekonomie.
# Die Nasionale Seereddingsinstituut moedig Suid-Afrikaners aan om Saterdag op wintersonstilstand ‘n ysbad te neem in die see of in ‘n bak ysige water, as ‘n simboliese uitdaging om mensereddingspogings te ondersteun. Dit is ook die langste dag van die jaar. Die geleentheid samel geld in vir reddings, swemopleiding en onderrig oor waterveiligheid. Van vrywilligers by die kus tot binnelandse ondersteuners, word almal aangemoedig om die ysige sprong te neem en hierdie winter ‘n verskil te maak.
# En ten slotte: Die etioloog en bewaringskundige, Jane Goodall, se sjimpansee-bewaringsprojek in Tanzanië ondervind ‘n groot finansiële terugslag nadat die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling sy beloofde befondsing van 548-miljoen-rand onttrek het. Die Hoop deur Aksie-projek is in 2023 gestig om bedreigde sjimpansees te beskerm deur die aanplanting van woude en gemeenskapsgeleide metodiek. Die algehele sjimpansee-bevolking het tot minder as 340-duisend gedaal.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….