Nuus 13:00
BULLETIN 16 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die derde groep SANW-soldate uit die DRK word vandag tuis verwag
# Kanada verbind hom tot sterker bande met Suid-Afrika
# En, die Nasionale Vervolgingsgesag is vol vertroue oor hul appèlsaak teen die Cholota-uitleweringsbeslissing
#Die derde groep soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se vredesmag in die Demokratiese Republiek die Kongo word vandag tuis verwag. Die hoof van die SANW, general Ruzani Mapanya, het die tweede groep gister terug verwelkom en hulle helde genoem. Die eerste groep het Vrydag aangekom. Die ontplooiing het gevolg na ‘n dekade van konflik tussen die DRK en die M23-rebelle wat deur Rwanda-ondersteun word. Mapanya het die terugkerende soldate aangemoedig om hul ondervindinge in ondervragingsessies te deel:
# Die Kanadese eerste minister Mark Carney sê bilaterale betrekkinge met Suid-Afrika sal versterk word deur internasionale samewerking. Carney het president Ramaphosa ontmoet, voor die begin vandag van die G7 Beraad. Altwee lande hou vanjaar belangrike berade. Suid-Afrika is in November gasheer van die G20 Beraad. Carney het Suid-Afrika se ondersteuning met die brande in Kanada geloof, voortgesette samewerking in handel en beleggings belig en ‘n groeiende vennootskap tussen die twee lande bevestig:
#Die Parlement vra vir die insluiting van ouers en studenteverenigings wanneer die omstrede klousules van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette bespreek word. Dit volg na openbare verset teen klousules wat die beheer oor taal en toelatings van skole se beheerliggame na provinsiale hoofde verskuif. Belanghebbers voer aan die skuif bedreig plaaslike outonomie en moedertaalonderrig. Wetgewers beklemtoon die behoefte aan inklusiewe gesprekvoering alvorens finale besluite geneem word oor die implementering van die omstrede veranderings in die onderwysstelsel.
# Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan die Appèlhof nader nadat regter Phillip Loubser hul aansoek in die Vrystaatse Hooggeregshof om teen ‘n uitspraak te appelleer, van die hand gewys het. Dit staan in verband met die onwettige uitlewering van Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota. Cholota is uitgelewer om te antwoord op aanklagte van miljoene rand in die Vrystaatse asbeskorrupsiesaak. Die NVG-woordvoerder Mthunzi Mhaga sê hulle is optimisties oor hul vooruitsigte:
#Rugby: Die gewese Cheetah-stut wat nou vir Edinburg speel, Boan Venter, is vir die eerste keer vir die Springbokke opgeroep toe die Bok-afrigter Rassie Erasmus ‘n groep van 45 spelers aangekondig het. Dit volg na die span se eerste week van afrigting in Johannesburg met die oog op die komende internasionale seisoen. Met die stutte Gerhard Steenekamp en Ntuthuko Mchunu albei onder die spelers wat weens beserings uitgelaat is, het Erasmus nou vir Venter by die groep ingesluit. Die Springbokke se nuwe seisoen begin op Saterdag 28 Junie met ‘n kragmeting teen die Barbarians in Kaapstad.
# En ten slotte, die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het bevestig die brand bo Boyes Rylaan en Peck’s Vallei in die Tafelberg Nasionale Park is onder beheer en opruiming het begin. SANParke sê Boyes Rylaan is nou oop en geen skade aan eiendom is aangemeld nie. Die publiek word aangeraai om staproetes op die berg te vermy. In ‘n verklaring sê SANParke volgens ‘n vroeë ondersoek lyk dit asof ‘n godsdienstige groep die brand gestig het. Een brandweerman is vir rook inaseming behandel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….