Nuus 18:00
BULLETIN 13 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die sterftesyfer in die Oos-Kaap vloede styg tot 79
# Die terugkeer van Suid-Afrikaanse soldate uit die DRK word vertraag
# En tennis: Wimbledon se enkelspel-kampioene wen vanjaar 72,6-miljoen-rand elk
# Die sterftesyfer in die Oos-Kaapse vloede het tot 79 gestyg nadat reddingspanne die liggaam van ‘n jong meisie naby die Efatarivier in Mthatha gevind het. Meer as ‘n duisend mense is steeds haweloos. Die LUR vir Gesondheid, Ntandokazi Capa, sê lykskouings is op 70 slagoffers uitgevoer, met 30 liggame wat reeds aan naasbestaandes oorhandig is. Nog agt lykskouings is tans aan die gang. Die owerhede verwag dat die dodetal verder sal styg aangesien sommige gesinne geliefdes nog moet opspoor en identifiseer.
President Cyril Ramaphosa sê intussen die dodelike vloede is ‘n duidelike teken van die groeiende uitwerking wat klimaatsverandering. Hy het tydens sy besoek aan Mthatha gesê vloede is ongewoon in die winter en is ‘n teken van hoe klimaatsverandering weerpatrone ontwrig. Ramaphosa waarsku gure weer is nou ‘n werklikheid in die provinsie en ook in KwaZulu-Natal, waar huise, strate en openbare infrastruktuur aanhoudend vernietig word:
# Die eerste groep van 249 Suid-Afrikaanse Weermag-soldate uit die Demokratiese Republiek die Kongo word eers vanaand of môre in die land verwag. Die soldate sou oorspronklik met Tanzania Airlines vervoer word, maar sal nou reis met ‘n groter vliegtuig voorsien deur Kenya Airways. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, sê hulle is aan boord die vliegtuig en wag om op te styg. Motshekga sê die soldate sal demobilisering ondergaan en psigo-maatskaplike ondersteuning ontvang:
# Hindoe-tempels regoor noordwes-Londen hou gebedsdienste vir slagoffers van die Air India-lugramp in Ahmedabad, gelei deur die geestelike leier, Shri Rajrajeshwar Guruji. Die vlug, wat na Londen onderweg was, het gister kort na opstyging neergestort en minstens 241 mense is dood. ‘n Britse man, Vishwashkumar Ramesh, wat in sitplek 11A was, is die enigste oorlewende. Die parlementslid vir Harrow-oos, Bob Blackman, het bevestig van die slagoffers het noue bande met plaaslike tempels gehad en daarom het die tragedie veral die Gujarati-gemeenskap in Harrow, Brent en Hounslow geruk.
# Tennis: Albei die enkelspelkampioene op Wimbledon sal vanjaar ‘n asemrowende 72,6-miljoen-rand ontvang. Die organiseerders het ‘n verhoging van sewe-persent aangekondig in die prysgeld vir die ikoniese grasbaan-Grand Slam-toernooi wat op 30 Junie in Londen begin. Algehele prysgeld beloop byna 1,3-miljard-rand – dubbel soveel as ‘n dekade gelede. Selfs spelers wat in die eerste ronde uitgeskakel word, kry 1,6-miljoen-rand net omdat hulle aan die hooftoernooi deelneem. Carlos Alcaraz van Spanje en Barbora Krejcikova van die Tsjeggiese Republiek is die verdedigende enkelspel-kampioene.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-93-sent teen die dollar, 20-rand-69-sent teen die euro en 24-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-307-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-433-dollar-53-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 73-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….