Eko-minuut 13:30
BULLETIN 12 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# President Cyril Ramaphosa is vandag die hoofspreker op die eerste Afrika Groen Waterstof-spitsberaad in Kaapstad. Die tema van die beraad is die ontsluiting van Afrika se groen waterstofpotensiaal vir volhoubare groei. Die besprekings handel oor markstrategie, beleggingsgeleenthede, die toepassing van tegnologie en Afrika se plek in die wêreld se groen waterstof-waardeketting. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê energiehervorming is noodsaaklik om werksgeleenthede, industrialisasie en groen ekonomieë te ontsluit:
# Die Departement van Dierkunde en Entomologie van die Universiteit van Pretoria se navorsing oor eetbare insekte ondersoek hoe om hierdie voedsel van die toekoms te teel en te oes. Dit fokus op die ontwikkeling van koste-doeltreffende teeltegnieke, oes- en hanteringsmetodes, waardetoevoeging en wetgewing om die volhoubare gebruik van insekte te verseker. Professor Abdullahi Ahmed Yusuf sê twee eetbare insekte wat algemeen gebruik word, is gewone huiskrieke en die geel meelwurm:
# En ten slotte: Die Amerikaanse Omgewingsbeskermingsvereniging stel voor dat talle belangrike kragaanlegregulasies opgehef word. Dit sluit in die vrystellingstandaarde vir nuwe fossielbrandstof-kragaanlegte van 2015, verlede jaar se reëls vir nuwe en bestaande fossielbrandstof-kragaanlegte en die kwik- en lug-gifstofstandaarde. Volgens die regulasies moet steenkool- en gasaangedrewe kragstasies hul vrystellings teen die vroeë 2030’s met 90-persent verminder. Die vereniging se woordvoerder, Lee Zeldin, sê die basiese doel van hierdie regulasies was om steenkool, olie en gas uit te skakel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….