Nuus 18:00
BULLETIN 11 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# NEASA en Sakeliga doreig met regstappe oor die nuwe indiensnemingsregulasies
# Suid-Afrikaanse Brouerye ersoek ander moontlikhede voor ‘n besluit oor pakhuis-werkverliese
# En gholf: McIlroy, Rose en Lowry is in ‘n groep vir die eerste twee rondes van die Amerikaanse Ope
# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika en die sake-instelling Sakeliga het die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, tot 18 Junie kans gegee om die nuwe diensbillikheidsregulasies op te skort of dringende regstappe te verwag. Die groepe is gekant teen reëls wat maatskappye met 50 of meer werknemers dwing om ras-, geslags- en gestremdheidskwotas te handhaaf of met tot 10-persent van hulle omset beboet te word. Sakeliga se uitvoerende hoof, Piet le Roux, sê kwotas is ongrondwetlik en sal sake-ondernemings en die ekonomie ernstig benadeel.
# Suid-Afrikaanse Brouerye sê alle lewensvatbare moontlikhede word oorweeg te midde van ‘n herstruktureringsproses wat tot werksverliese kan lei. News24 berig Saftu beskuldig SAB dat hy werksgeleenthede aanhoudend teiken. Die federasie waarsku dat die poste van 233 pakhuiswerkers nou in gevaar is, met meer as ‘n duisend werksgeleenthede wat die afgelope ses jaar verloor is. Die onderneming sê daar is nog geen finale besluit oor afleggings geneem nie, en hy is verbind tot regverdige gesprekke as deel van ‘n wetsproses.
# United Africans Transformation sê Jeugmaand is betekenloos vir miljoene jong Suid-Afrikaners wat vasgevang is in die greep van werkloosheid. Die party eis ‘n werkwaarborg vir die jeug om te verseker geen jongmens is meer as ses maande sonder werk nie, te midde van die jeugwerkloosheidsyfer van 46-persent. Mighty Mabule van die party beskuldig die regering van nasionale eenheid dat hy slegs elite-ooreenkomste en beloftes aanbied en nie egte hervorming vir die Afrika-kind nie:
# Gholf: Die verdedigende kampioen, Bryson DeChambeau, slaan saam met Xander Schauffele en José Luis Ballester af in die eerste twee rondes van die Amerikaanse Ope, wat môre begin. Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, wat agtereenvolgende groot titels jaag, is saam met Collin Morikawa en Viktor Hovland in ‘n groep. Rory McIlroy speel saam met sy Ryderbeker-spanmaats Shane Lowry en Justin Rose. McIlroy sê hy sukkel met sy motivering nadat hy die Meesterstoernooi gewen het:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-73-sent teen die dollar, 20-rand-35-sent teen die euro en 24-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 110-duisend-300-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-335-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-75-sent per vat.
# En ten slotte: Die bekroonde Nigeriese rolprentregisseur, Kachi Benson, wat bekend is vir Daughters of Chibok, gaan sy jongste rolprent hierdie maand vertoon op die 27ste Encounters Suid-Afrikaanse Internasionale Dokumentêre Fees. Die wêreld is meer as ‘n dekade gelede geskok deur die ontvoering van 276 skoolmeisies van Chibok in Nigerië deur Boko Haram-militante. Benson keer nou terug met Mothers of Chibok, wat kyk na die lewens van die vroue wat agtergelaat is. Gene Sibeko van Hayani Africa sê dis ‘n kragtige verhaal van oorlewing:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….