Eko-minuut 13:30
BULLETIN 11 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Sewentig suidelike witrenosters van die Munywana-bewaringsgebied in Suid-Afrika is suksesvol hervestig in die Akagera Nasionale Park in Rwanda. Dis deel van ‘n strategiese tienjaarplan om renosters in veilige, geskikte en goed bestuurde beskermde gebiede in Afrika te hervestig. Die renosters maak ongeveer 15-persent uit van die wêreld se algehele witrenoster-bevolking. Die veldtog van Afrika Parke wil die diere reg oor die vasteland hervestig om bestaande bevolkings te versterk.
# Die gemiddelde vlak van ses belangrike damme in die Wes-Kaap is weer terug bo 60-persent. Die gesamentlike vlak staan nou op 63,2-persent teenoor verlede week se 60,3-persent. Die grootste dam, Theewaterskloof, staan op 62,1-persent en Voëlvlei op 58,2-persent. Swaar reënval het die vlakke van al ses damme laat styg. Die Stad Kaapstad glo al is die damvlakke effens laer as ‘n jaar gelede, is die verhoging betekenisvol aan die begin van die winter.
# En ten slotte: Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, moedig wêreldleiers aan om invloedryke instellings teen te staan wat die seelewe vernietig met onwettige visvangs en plastiek besoedeling. Die VN se derde Oseaankonferensie word tans in Nice, Frankryk, gehou. Die hoëvlak-spitsberaad is onder voorsitterskap van Frankryk en Costa Rica. Meer as 60-persent van see-ekostelsels is verswak of word onvolhoubaar gebruik. Guterres sê die oseaan is onder beleg en gierigheid is die oorsaak:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….