Nuus 09:00
BULLETIN 11 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sê die Nasionale Dialoog sal help om eenheid te vorm en vertroue te herbou
# Die DA dring aan op die modernisering van Suid-Afrika se elektrisiteitsnetwerk
# En die burgemeester van Los Angeles kondig ‘n noodtoestand af en stel ‘n aandklokreël in
# Die ANC sê die saamroep van ‘n nasionale dialoog dui op ‘n belangrike poging om eenheid te smee, vertroue te herbou en Suid-Afrika se gesamentlike verbintenis tot maatskaplike en ekonomiese transformasie te vernuwe. President Cyril Ramaphosa sê die dialoog sal ‘n hupstoot gee aan Vision 2030 en die grondslag lê vir die volgende fase van die land se Nasionale Ontwikkelingsplan. Volgens die party sal ‘n nuwe nasionale visie deur openlike, beginselvaste betrokkenheid bepaal word. Dit sal ook ‘n nuwe maatskaplike ooreenkoms en gedeelde verantwoordelikheid bou.
# Die DA sê hy beywer hom in die regering van nasionale eenheid vir ‘n agenda wat groei eerste plaas en fokus op werkskepping, om beleggings te lok en energiesekerheid. Die party sê egter vordering word belemmer deur diegene wat onwillig is om besluite neem om die ekonomie te moderniseer. Nico Pienaar van die DA sê ʼn belangrike pilaar in die groei-agenda is die uitbreiding en modernisering van die land se elektrisiteitsnetwerk:
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is geskok deur die onveilige en onhigiëniese hantering van voedsel by die Kalafong-hospitaal in Atteridgeville, Pretoria. Die vakbond het onlangs ʼn oorsigbesoek aan die hospitaal gebring en bevestig dat voedseldiens-werkers verplig is om onbedekte maaltye aan sowat 700 pasiënte te verskaf. Dit word toegeskryf aan ʼn tekort aan noodsaaklike toerusting. ʼn Vakbondwoordvoerder, Claude Naiker, sê die huidige situasie bring gesondheidsdienste se integriteit onder verdenking:
# Los Angeles se burgemeester, Karen Bass, het ʼn plaaslike noodtoestand afgekondig en ʼn aandklokreël ingestel in dele van dié stad se sakesentrum terwyl plundery en gewelddadige betogings teen immigrasieklopjagte voortduur. Die aandklokreël is van agtuur saans tot sesuur soggens en sal vir ‘n paar dae duur. Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, beskuldig president Donald Trump se administrasie dat hy ʼn massadeportasie uitvoer sonder om immigrante se wortels of risiko in ag te neem:
# Rugby: Die losskakel Jacob Umaga, wat in 2021 ‘n enkele toets vir Engeland gespeel het, kan moontlik sy buiging vir sy familie se geboorteland, Samoa, maak. Hy is die broerskind van die legendariese All Black Tana Umaga, terwyl sy pa, Mike, 13 toetse vir Samoa gespeel het. Die 26-jarige Jacob is in Engeland gebore en het vir Wasps gespeel totdat dit in 2022 gelikwideer is, waarna hy na Benetton Treviso in Italië verskuif het. Samoa speel volgende maand in Nieu Seeland teen Skotland, en in Augustus in die Stille Oseaan-nasiesbeker.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-68-sent teen die dollar, 20-rand-19-sent teen die euro en 23-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-655-dollars. Die prys van goud is drie-duisend-340-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-37-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….