Nuus 16:00
BULLETIN 10 Junie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrikaanse vervaardigingsproduksie het in April met 6,3% gedaal
# Die DA eis volledige verslag van Ouditeur-generaal oor die rybewyskaart-tenderskandaal
# En, drie leerders uit bome gered nadat ‘n skoolvervoerbus in Oos-Kaapse vloed wegspoel
# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in April met 6,3-persent gedaal in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Die grootste dalings is aangeteken in die voedsel- en dranksektor, motorvoertuie, en staal- en metaalprodukte. Produksie het egter van Maart tot April effens gestyg met 1,9-persent. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê produksie en verkope het die afgelope drie maande afgeneem, wat toon dat daar voortdurende uitdagings in die sektor is:
# Die DA eis dat die Ouditeur-generaal se verslag oor die mislukte rybewyskaart-tender onmiddelik beskikbaar gestel moet word. Dit volg terwyl Suid-Afrika se enigste kaart-drukker aanhoudend breek, en ‘n agterstand van meer as 730-duisend kaarte veroorsaak het. Chris Hunsinger van die DA sê die koste vir nuwe slimkaarttoerusting het vanaf 486-miljoen-rand tot 898-miljoen-rand gestyg in ‘n ooreenkoms wat as onreëlmatig uitgewys is. Hunsinger beskuldig die regering dat hy agter stukkende masjiene en gebroke beloftes skuil.
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad het nooddienste geprys nadat hulle drie leerders uit bome gered het in die Oos-Kaap. Dit het gebeur nadat hulle skoolvervoerbus deur vloedwater meegesleur is op die Efata-brug naby Mthatha. SANTACO se nasionale woordvoerder, Mmatshikhidi Phala, sê die bus was op pad na die Senior Sekondêre Skool Jumba:
# Die Oostenrykse polisie sê minstens agt mense is dood nadat ‘n gewapende man op ‘n skool in Graz in die suidooste losgebrand het. Die vermeende aanvaller is ook dood. Die openbare uitsaaier ORF berig die skool is daarna ontruim. Verskeie mense, insluitend leerders en onderwysers, is ernstig beseer. ‘n Tiener is in Februarie dood en vyf beseer in ‘n mesaanval in die suide van die land, met ‘n 23-jarige Siriese asielsoeker wat aangehou word.
# Rugby: Die Bulle kan moontlik bevoordeel word nadat die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap verskuif is vanaf Leinster se tuisveld, die Aviva-stadion in Dublin, Ierland. Die wedstryd sal op die Crokepark-sokkerstadion gepeel word, want Aviva is nie beskikbaar nie. Croke, met sitplek vir meer as 82-duisend toeskouers, sal na verwagting slegs halfvol wees. Kaartjieverkope is hoër as vir Leinster se kwart- en halfeindstryd, maar sal waarskynlik nie naby die 47-duisend toeskouers kom wat na Loftus Versfeld gestroom het vir verlede naweek se halfeindstryd teen die Haaie nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-67-sent teen die dollar, 20-rand-20-sent teen die euro en 23-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-502-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-339-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-16-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….