Nuus 15:00
BULLETIN 10 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa sê die Presidensiële Indiensnemingstimulus vorm môre se leiers
# Hernude oproepe vir die bekendstelling van entrepreneurskap in SA skole
# En agt mense sterf in ‘n skietvoorval by ‘n skool in Oostenryk
# President Cyril Ramaphosa sê bykans twee-miljoen jongmense het tot dusver voordeel getrek uit die Presidensiële Indiensnemingstimulus-programme vir die jeug, wat ten doel het om jeugwerkloosheid aan te pak. Hy het die opmerkings gemaak tydens ‘n besoek aan die Sefako Makgatho Primary School in Saulsville, Tshwane, waar hy van die jong begunstigdes ontmoet het. Ramaphosa sê die programme help om die leiers van môre te vorm, met meer as 255-duisend jongmense wat tans by skole en in ander sektore werk:
Kenners, opvoeders en beleidmakers het intussen weereens gevra vir die dringende bekendstelling van entrepreneurskap in Suid-Afrikaanse skole. Verskeie belanghebbers het in Kemptonpark, Gauteng, die belangrikheid van vaardigheidsgebaseerde onderwys bespreek is. Die veldtog het reeds by sekere skole begin danksy internasionale steun wat die regering se benadering ondersteun. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê die feit dat slegs ses uit elke 100 leerders universiteitsgrade behaal, beklemtoon die behoefte aan alternatiewe moontlikhede:
# Oostenryk se polisie sê minstens agt mense is dood toe ‘n gewapende man op ‘n skool in Graz in die suidooste van die land losgebrand het. Die vermeende aanvaller is ook dood. Die openbare uitsaaier, ORF, berig die skool is daarna ontruim. Verskeie mense, insluitend leerders en onderwysers, is ernstig beseer. ‘n Tiener is in Februarie dood en vyf beseer in ‘n mesaanval in die suide van die land, met ‘n 23-jarige Siriese asielsoeker wat aangehou word.
# Aandele het gestyg op die tweede dag van die jongste ronde handelsgesprekke tussen China en Amerika, met een van die Amerikaanse president Donald Trump se topraadgewers wat sê hy verwag ‘n ooreenkoms. Daar is optimisme dat die onderhandelings markte sal kalmeer en spanning tussen die ekonomiese supermoondhede sal verlig, nadat Trump verlede week sy Chinese eweknie, Xi Jinping, ontmoet het. Die vergadering in Londen sal hopelik verhoudings herstel nadat Trump Beijing beskuldig het dat hy die ooreenkoms verbreek het wat verlede maand deur senior amptenare in Genève gesluit is.
# Swem: Die jong Kanadese Olimpiese kampioen Summer McIntosh het haar oorheersing in die swembad voortgesit toe sy die 10-jaar-oue wêreldrekord in die 200-meter individuele wisselslag verbeter het tydens die nasionale proewe. Die 18-jarige het ‘n tyd van twee-minute-5,7-nul-sekondes aangeteken om die vorige rekord te verbeter wat Katinka Hosszu van Hongarye tydens 2015 se Wêreldkampioenskap opgestel het. McIntosh, wat verlede jaar drie goue medaljes verower het op die Spele in Parys, het Saterdag ook ‘n wêreldrekord opgestel in die 400 meter-vryslag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-572-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-341-dollar-49-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….