Nuus 13:00
BULLETIN 10 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Reserwebank ondersoek Young Women in Business Network Mutual Bank oor geskil van R9-miljoen
# Die GOOD-party veroordeel die moord op gewese onderburgermeester van Stellenbosch
# En motorsport: Madrid vervang Imola op volgende jaar se Formule Een-rooster
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek Young Women in Business Network Mutual Bank en sy stigter, Nthabeleng Likotsi, vir beweerde verskaffing van valse inligting tydens sy aansoek. Die ondersoek volg op ‘n geskil van nege-miljoen-rand met Afribiz Financial Services wat beweer dat hy vir ‘n belang van 26-persent in die bank betaal, maar slegs ‘n aanbod van twee-persent ontvang het. Likotsi ontken dit. Kenners sê ‘n ondersoek kan haar nalatenskap en die geloofwaardigheid van Suid-Afrika se onderlinge banksektor negatief beïnvloed.
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê hy is geskok en diep bedroef oor die moord op Stellenbosch se gewese onderburgemeester. Nyaniso Jindela is gisteraand in Kayamandi doodgeskiet. GOOD sê hy was ‘n vooraanstaande figuur in plaaslike regering wat ‘n belangrike rol gespeel het in diens van Kayamandi se gemeenskap. Robin Hendrikse van GOOD sê hulle is bewus daarvan dat Jindela volgens berigte ‘n verdagte was in die voortgesette ondersoek na die moord op ‘n ander gewese onderburgemeester in 2022:
# Die Rooivleis-bedryfsdienste sê hy het hy fase een van sy gekoördineerde reaksie op die voortslepende bek-en-klouseer-uitbreking in die land ingestel ná die aktivering van sy gesentraliseerde bedryfsentrum. Gevalle van die siekte is aangemeld in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Gauteng en Mpumalanga. Die diens se uitvoerende hoof, Dewald Olivier, sê hulle fokus sterk daarop om rolspelers in die rooivleisbedryf te beskerm en langtermyn-volhoubaarheid en vooruitgang te verseker:
# Motorsport: Formule Een het bevestig dat 2026 se seisoen net soos vanjaar 24 wedrenne sal hê, terwyl nuwe tegniese regulasies ingestel word. Madrid is die nuwe gasheerstad van die Spaanse Grand Prix, en vervang die Emilia Romagna Grand Prix op Imola in Italië. In nog ‘n verandering vind die Kanadese wedren die eerste keer in Mei plaas in ʼn poging om die program meer volhoubaar te maak. Australië bied steeds die eerste wedren van die seisoen aan, en Abu Dhabi die laaste een in Desember.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-72-sent teen die dollar, 20-rand-22-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-200-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-329-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-99-sent per vat.
# En laastens, Profmed wil jong dokters ondersteun met ‘n jaar se gratis mediese hulp deur Suid-Afrika se eerste digitale locum-mark, die finDR-platform. Dit is gemik op gekwalifiseerde dokters en tandartse onder 30 wat die afgelope twee jaar gemeenskapsdiens voltooi het en werkloos of pas in diens geneem is. finDR is ‘n platform wat hulle verbind met werksgeleenthede, mentorskap en gesondheidsorgpraktyke. Profmed sê die doel is om hul oorgang na die mediese veld te vergemaklik en te verseker dat hulle ondersteun word terwyl hulle met hulle belangrike loopbane begin.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….