Nuus 14:00
BULLETIN 9 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie ondersoek die verdwyning van die Comrades-atleet Moira Harding
# Die soektog duur voort oor Ladysmith in KwaZulu-Natal om ‘n vermiste vliegtuig op te spoor
# En die Lootsbergpas in die Oos-Kaap is vir verkeer gesluit weens digte sneeu
# Die KwaZulu-Natalse polisie stel tans ondersoek in na die omstandighede rondom die verdwyning van ‘n Comrades-atleet wat ná die wedloop as vermis aangemeld is. Moira Harding van Kaapstad het die 98ste Comrades-marathon voltooi, maar toe verdwyn. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê sy is vanoggend gevind na afloop van ‘n intensiewe soektog deur die polisie se Soek-en-reddingsbeamptes, in samewerking met ander wetstoepassers en privaat organisasies:
# Ons bly in die provinsie: Owerhede werk saam met die Lugvaart-reddingskoördineringsentrum nadat ‘n ligte vliegtuig met drie mense aan boord gister vermis geraak het. Die vliegtuig het van Virginia se lughawe opgestyg, maar nie sy bestemming bereik nie. Dit is laas oor Ladysmith opgespoor en die gure weer was glo ‘n faktor. Die provinsiale Vervoerdepartement koördineer forums en gemeenskappe om met die soektog te help. Woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê hulle ondersteun die reddingspogings:
# Die Oos-Kaapse Departement van Vervoer sê die Lootsbergpas op die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg is vir verkeer gesluit met sneeuneerslae in die provinsie wat voortduur . Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik oor ontwrigtende sneeu wat verkeersvloei op bergpasse sal beïnvloed. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, sê die sneeu op die Lootsbergpas raak al hoe dieper:
# Die Padverkeersoortredingsagentskap het bevestig die administratiewe beoordeling van padverkeersoortredings is pas in Johannesburg en Tshwane ontplooi. Die agentskap het ‘n streng waarskuwing uitgereik oor vals inligting en misleidende berigte oor die AARTO-instelling. Woordvoerder Monde Mkalipi het beklemtoon dat enige nasionale uitbreidingsverslae onwaar is. Hy waarsku die publiek om versigtig te wees en raai hulle aan om alle AARTO-verwante inligting na te gaan.
# Rugby: Die voormalige Nieu-Seelandse kaptein, Stu Wilson, is op 70 dood. Hy het 85 keer vir die All Blacks uitgedraf, insluitend in 34 toetse tussen 1976 en 1983 waarin hy 51 drieë gedruk het. Wilson was die eerste vleuel wat ‘n All Black-kaptein geword het toe hy die span in 1983 in ʼn toer van agt wedstryde in Skotland en Engeland aangevoer het. Nieu-Seeland Rugby se voorsitter, David Kirk, wat saam met Wilson op daardie toer gespeel het, sê hy was een van die beste vleuels ooit.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-71-sent teen die dollar, 20-rand-23-sent teen die euro en 24-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-251-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-316-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….