Nuus 08:00
BULLETIN 8 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê elke plaasmoord is ‘n verlies vir die Suid-Afrikaanse ekonomie
# Tesla-betogings duur voort ten spyte daarvan dat Elon Musk die Departement van Regeringsdoeltreffendheid verlaat het
# En rugby: Die Bulle is deur na die Verenigde Rugbykampioenskap-einstryd nadat hulle die Haaie getroef het
# Die Vryheidsfront Plus sê plaasmoorde is ‘n ernstige probleem in Suid-Afrika en kan nie geïgnoreer word nie. Die VF Plus-leier, Pieter Groenewald, sê reeds in die 1990’s het die destydse president Nelson Mandela hul voormalige partyleier, Constand Viljoen, gevra om ‘n strategiese plan vir die bekamping van plaasmoorde te ontwikkel. Hy sê die plan is opgestel, maar nadat ‘n nuwe president oorgeneem het, was die regering nie bereid om die aanbevelings in te stel nie:
# Die GOOD-party doen ‘n beroep op SANTACO in die Wes-Kaap, die Stad Kaapstad en die provinsiale regering om dringend ‘n omvattende veiligheidstrategie vir pendelaars te ontwikkel, beide by wisselaars en langs vervoerroetes. Jonathan Cupido van GOOD sê vier mense is doodgeskiet en drie gewond toe onbekende gewapende mans Vrydag ‘n kantoortjie by die Mfuleni-taxistaanplek binnegegaan en losgebrand het:
# Solidariteit se Maatskaplike Werkersnetwerk sê die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling laat kwesbare gemeenskappe in die steek deur nie maatskaplike fondse betyds uit te betaal nie. Die departement het 102-miljoen-rand in onderbestede fondse aan die Nasionale Tesourie terugbetaal. Bianca Smit van Solidariteit sê baie organisasies sonder winsoogmerk sukkel om te oorleef, en laat of onbetaalde subsidies stel kinders, bejaardes en mense met gestremdhede in gevaar:
# Betogings duur voort teen die tegnologie-miljardêr Elon Musk te midde van ‘n vete met Donald Trump oor die president se reuse-belasting- en binnelandse beleidswetsontwerp. Trump dreig om regeringskontrakte met Musk te beëindig en Musk beweer Trump sou die verkiesing sonder hom verloor het. Ten minste 60 betogings het Saterdag regoor Amerika plaasgevind as deel van die Tesla Takedown-beweging, wat middel Februarie begin het toe Musk betrokkke was by die Departement van Regeringsdoeltreffendheid. Tesla-verkope het in die eerste drie maande van die jaar met 13-persent gedaal en is byna 47-persent laer sedert Desember.
# En ten slotte sportnuuus:
# Tennis: Coco Gauff het gister met ‘n agterstand van ‘n stel teruggeveg om die wêreld-nommereen Aryna Sabalenka vir die tweede keer in ‘n Grand Slam-eindstryd te klop en die Franse Ope in te palm. Die tweede-gekeurde Amerikaner het met 6-7, 6-2, 6-4 geseëvier en haar tweede major titel opgeraap nadat sy ook Sabalenka by die 2023 Amerikaanse Ope verslaan het. Die 21-jarige Gauff, het voordeel getrek uit Sabalenka se 70 ongedwonge foute en na die tyd erken sy het nie gedink sy sou die Belarus kon keer nie. Sy is nou 6-5 voor in hul tweestryd.
# En rugby: Die Bulle is deur na die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap met ‘n oorwinning van 25-12 oor die Haaie voor 47-duisend ondersteuners op Loftus Versfeld in Pretoria. Ten spyte van drie geel kaarte in die eerste helfte, was die Bulle met 15-3 voor teen rustyd. Beide spanne het in die tweede helfte 10 punte bygevoeg. Die Bulle speel Saterdag in Ierland teen Leinster in die eindstryd. Die Iere het maklik deurgedring met ‘n oorwinning van 37-19 in die halfeindronde oor die verdedigende kampioene, Glasgow Warriors.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….