Nuus 12:00
BULLETIN 4 Junie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu sê die regering moet belofte nakom en verskeie brandstofbelastings hersien
# ATM eis dat Starlink in Suid-Afrika verbied word
# En padwedlope: eThwekwini-metro skud sy vere reg vir die Comrades
# Cosatu sê die regering moet sy beloftes van 2018 en 2022 nakom en die talle brandstofbelastings en -heffings hersien wat sowat ‘n derde van die brandstofprys uitmaak. Die verhoging in die brandstofheffing het ingetree nadat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die EFF se aansoek om dit op te skort, verwerp het. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê dis ook belangrik dat Eskom bygestaan word om die huidige toenemend onbekostigbare elektrisiteitsprys te verlaag:
# Die African Transformation Movement eis ‘n onmiddellike verbod op Elon Musk se onderneming, die Starlink-satellietdiens, en sê dit word onwettig in Suid-Afrika bedryf. Die ATM kritiseer die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid se versuim om op te tree en noem Starlink se bedrywighede ‘n bedreiging vir nasionale soewereiniteit. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, kritiseer ook die ANC-DA-koalisie oor sy apatiese houding en waarsku teen digitale imperialisme. Ntshona doen ‘n beroep op die regering om Suid-Afrikaanse wette en belange te beskerm:
# Ghana en die Verenigde Arabiese Emirate het ‘n ooreenkoms van 17-miljard-rand onderteken om ‘n toonaangewende kunsmatige intelligensie- en tegnologiesentrum te bou. Die sentrum sal probeer om groot tegnologiemaatskappye soos Microsoft en Meta te lok. Die inisiatief is deel van ‘n breër strategie om albei die lande as leiers in kunsmatige intelligensie-innovering te posisioneer deur hul krag in tegnologie en belegging te benut. Daar word verwag dat die sentrum werkskepping, tegnologiese vooruitgang en ekonomiese groei in die streek sal bevorder.
# Padwedlope: Die eThekwini-munisipaliteit sê hy is druk besig om gereed te maak vir die 98ste Comrades-marathon, wat een van die grootste sportgeleenthede op die Suid-Afrikaanse kalender is. Meer as 80 nasies word Sondag verteenwoordig wanneer die 89 kilometer van Pietermaritzburg na Durban aangedurf word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê hulle werk hard om ʼn skoon, veilige en verwelkomende omgewing oor die hele roete te verseker:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-79-sent teen die dollar, 20-rand-26-sent teen die euro en 24-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-576-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-355-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-44-sent per vat.
# En laastens, die Suid-Afrikaanse komediante, Jason en Nicholas Goliath, keer terug met ʼn splinternuwe weergawe van The Happiness Economy-komedietoer. Die vertoning sluit steeds komiese selfbesinning in, maar die 2025-weergawe bevat ook nuwe stories, en onthullings uit die twee se persoonlike lewens en landwye optredes. Jason sê die vertoning is interaktief, persoonlik en heeltemal anders as wat hulle voorheen gedoen het. Die tweetal is van 18 Junie tot 6 Julie in die Pieter Toerien-teater by Montecasino in Johannesburg.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….