Nuus 11:00
BULLETIN 4 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Ministerie van Energie sê die verkrygingsproses van die Battery-energiebergingsprogram was deursigtig
# Die MK-party wil hê die raad van die Padongelukkefonds moet afgedank word
# Elon Musk sê Donald Trump se Belasting- en Bestedingswetsontwerp is ‘n walglike euwel
# Die Ministerie van Elektrisiteit en Energie sê die Aankoopprogram vir Onafhanklike Kragprodusente van Battery-energieberging was deursigtig en mededingend. Dit volg op die versoek van die MK-party vir ‘n ondersoek nadat die multi-miljard-rand energietender aan Mulilo Energy toegestaan is. Die voorsitter van die maatskappy is Eskom se gewese operasionele hoof, Jan Oberholzer. Van die vyf beskikbare projekte is vier aan Mulilo Energy toegestaan. Die ministerie sê die proses was onderworpe aan nougesette regs-, tegniese- en finansiële sorgvuldigheid.
# Die MK-party sê die Padongelukkefonds se raad moet verwyder word oor die omstredenheid van die uitvoerende hoof, Collins Letsoalo se posisie. Die raad het gister ‘n besluit om Letsoalo op spesiale verlof te plaas, teruggetrek en met ʼn skorsing vervang. Die party het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Vervoer gesê die besluit om hom op spesiale verlof te plaas, is onregmatig. Lucky Montana van MK sê Letsoalo se skorsing moet opgehef word:
# Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola het die aanval op lede van die Teen-Bende Eenheid terwyl hulle Dinsdag in Westbury, Johannesburg besig was, veroordeel. Lede van die publiek het die beamptes aangeval toe hulle ‘n man vir beweerde dwelmbesit in hegtenis geneem het. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe sê Masemola is teleurgesteld in die gemeenskap wat dikwels kla oor hoë misdaadsyfers se gedrag, en oor die dwelmoorlog wat woed:
# Die miljardêr Elon Musk het president Donald Trump se belasting- en bestedingswetsontwerp gekritiseer en dit verregaande en ʼn gruwel genoem. Die wetsontwerp wat duisend-miljarde-dollar se belastingverligting insluit, is verlede maand in die Huis van Verteenwoordigers aanvaar. Musk, wat die Trump-administrasie verlede week verlaat het, sê die Kongres maak Amerika bankrot. Die Republikeinse huis-speaker, Mike Johnson, sê Musk se kritiek oor die wetsontwerp is verkeerd:
# Krieket: Protea-hoofafrigter Shukri Conrad het berigte verwerp dat sy aanstelling as Suid-Afrika se witbal-afrigter enigiets met Heinrich Klaasen se uittrede te doen het. Conrad is verlede maand aangestel as die Protea-afrigter vir alle formate. Dis ʼn maand nadat Klaasen, selfs nie eens as witbalspeler, nie ingesluit is by Krieket Suid-Afrika se sentrale kontraklys nie. Conrad sê Klaasen het lank voor hy aangestel is KSA se aanbod vir ʼn volle kontrak van die hand gewys. Hy sê dis jammer om ʼn speler van Klaasen se kaliber te verloor.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-84-sent teen die dollar, 20-rand-30-sent teen die euro en 24-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-427-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-358-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-19-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….