Eko-minuut 13:30
BULLETIN 3 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het die goedkeuringsbesluit vir die Nywerheidsbestuursplan vir Afvalbande teruggetrek. Die plan was daarop gemik om verskeie uitdagings aan te spreek wat die afvalbandsektor in die gesig staar, insluitend beperkte plaaslike verwerkingsvermoë, beperkings op bergingsdepots en logistieke beperkings. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê daar is kommer oor die plan nie in ooreenstemming is met die realiteit en beleid nie:
# Die Wêreld Meteorologiese Organisasie voorspel dat wêreldtemperature tussen 2025 en 2029 waarskynlik alle rekords gaan oortref. Die organisasie sê daar is ‘n 80-persent moontlikheid dat temperature in minstens een van daardie jare, 2024 as die warmste jaar ooit gaan oortref. Daar is ook ‘n 86-persent waarskynlikheid dat voor-nywerheidsvlakke binne ‘n jaar ‘n styging van 1.5-grade Celsius sal toon. Die organisasie sê hierdie neiging verhoog die gevaar van uiterste weerstoestande, insluitend hittegolwe, droogtes en stygende seevlakke, wat samelewings en ekonomieë wêreldwyd gaan beïnvloed.
# En ten slotte, ‘n nuwe studie waarsku klimaatsverandering vererger seksuele gesondheidsgevare vir jongmense in Kenia. Droogte en vloede veroorsaak onsekerheid rondom voedsel, water en sanitasie, en stel die jeug, veral meisies tussen tien- en 14-jaar, bloot aan seksuele geweld, seks vir betaling en vroeë swangerskappe. Navorsers bepleit die insluiting van klimaatsreaksies in geslagsensitiewe, jeuggerigte gesondheidsdienste. Die bevindings toon omgewingstres en armoede plaas kwesbare jongmense in gevaarlike situasies en bedreig hulle langtermyn welstand en toekoms.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….