Nuus 8:00
BULLETIN 1 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Uittredende Valke-hoof sê daar is geen politieke inmenging binne die direktoraat
# Amerika stuur ‘n voorstel vir ‘n kernooreenkoms aan Iran
# En, rugby: Die Bulle byt vas vir ‘n plek in die VRK-halfeindronde
# Die uittredende hoof van die Valke, advokaat Godfrey Lebeya, sê daar was geen politieke inmenging binne die direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke sedert dit gestig is nie. Tydens ‘n afskeidsfunksie die naweek het hy ‘n oorsig gegee van sy ampstermyn van 2018 tot sy laaste dag by die Valke en polisie in Pretoria terwyl hy wetstoepassing vaarwel toeroep. Hy het 40 jaar in die polisiemag gedien en het in verskeie topposisies gedien:
Advokaat Godfrey Lebeya het ook gesê die Direktoraat vir Prioriteitsmisdade sal voortgaan om sy interne kapasiteit te bou. Hy sê ‘n Forensiese Rekeningkundige Ondersoek-eenheid sal met die sakewêreld saamwerk om die oordrag van vaardighede te verseker:
# Die Withuis het bevestig die VSA het ‘n voorstel vir ‘n kernooreenkoms tussen Teheran en Washington aan Iran gestuur. Die minister van Buitelandse Sake van Iran, Abbas Araghchi, het gesê dat sy Omaanse eweknie, Badr Albusaidi, tydens ‘n besoek aan Teheran, voorwaardes vir ‘n Amerikaanse ooreenkoms aan hom voorgelê het. ‘n Verslag deur die VN-kernwaghond het aangedui dat Iran sy produksie van verrykte uraan, ‘n sleutelkomponent in die vervaardiging van kernwapens, verhoog het. President Trump het gesê dit is in Iran se beste belang om die ooreenkoms te aanvaar.
# Die Nelson Mandelabaai Sakekamer het sy Entrepreneur 2025-program in samewerking met die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika en die iLembe-sakekamer van stapel gestuur. Die inisiatief van sewe weke vir die ontwikkeling van klein-, medium- en mikro-ondernemings verskaf mentorskap, opleiding en finansiering. Slegs aktiewe ondernemings van voltydse eienaars waarvan die belastingsake in orde is, mag aansoek doen. Die program wat gerugsteun word deur die Universiteit van KwaZulu-Natal beloof wêreldklas insigte om plaaslike groei, werkskepping en langtermyn ekonomiese veerkragtigheid in die metro te dryf.
# Rugby: Die Bulle het genoeg gedoen om ‘n oortuigende oorwinning in ‘n wedstryd met 11 drieë teen ‘n strydlustige Edinburgh-span in die halfeindstryd van hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd by Loftus te behaal. In ‘n tipiese uitklopwedstryd moes die Bulle vroeg van ‘n agterstand van 3-14 herstel om ‘n oorwinning van 42-33 te verseker. Keagan Johannes het vergoed vir ‘n minder as bevredigende skopvertoning met goeie werk as losskakel en ook ‘n briljante solo-drie. Akker van der Merwe, die plaasvervanger-haker bekend as die Kwaai Vlakvark, het in die vastespel verwoesting gesaai.
En in Durban het die Haaie na die halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap deurgedring, deur Munster met die kleinste moontlike punteverskil te klop. Met die tellings gelykop op 24-24, het die wedstryd na bykomende tyd oorgegaan. Met die tellings steeds gelykop na 20 minute, is die wedstryd vir die eerste keer in VRK-geskiedenis met strafskoppe beslis. Rory Scannell, wat in sy 200ste wedstryd vir Munster gespeel het, het die doelpale gemis, terwyl die Sharks al hulle skoppe verdoel het, insluitende ‘n wenpoging van die jongeling, Bradley Davids.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….