Nuus 09:00
BULLETIN 29 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Steenhuisen sê pogings om bek-en-klouseer uit te wis is suksesvol
# GIWUSA versoek die Reserwebank om rentekoers drasties te verlaag
# En tennis: Sabalenka is deur na die derde ronde in die Franse Ope, terwyl Tsitsipas uitgeskakel is
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê sy departement se verskerpte pogings om bek-en-klouseer te beheer en uit te wis, is werp vrugte af. Die siektebestuur in Limpopo en die Oos-Kaap word binnekort opgehef en ‘n dringende bestelling vir noodsaaklike entstof ter waarde van 72-miljoen-rand is geplaas. Die ministerie se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê daar is in KwaZulu-Natal en Gauteng steeds tekens dat die virus versprei:
# Die nywerheidsvakbond GIWUSA het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank gedoen om die rentekoers drasties te verlaag. Suid-Afrika se huidige terugkoopkoers bly 7,5-persent nadat die Reserwebank by sy beleidsvergadering in Maart besluit het om sy rentekoers onveranderd te laat. Dié besluit volg na drie opeenvolgende 25-basispunt verlagings. Die prima-uitleenkoers vir handelsbanke is elf-persent. Die president van GIWUSA , Mametlwe Sebei, sê die huidige rentekoers is ‘n wrede aanval op die ekonomie en werkgeleenthede:
# Die DA in Gauteng het die raad se voorstel verwelkom dat die LUR vir Samewerkende regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo, versoek word om die Sedibeng-burgemeester, Lerato Maloka, te skors. Dit is hangende ʼn volledige ondersoek na bewerings teen haar. Sibusiso Dyonase van die DA sê die voorstel hou verband met Maloka en ander munisipale amptenare se verkwisting van meer as 500-duisend-rand op ʼn reis na Duitsland:
# Elon Musk het een van die kern-beleide van Donald Trump gekritiseer, wat gesien word as ‘n wegbreek van die president wat hy gehelp het om herverkies te word. Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het verlede week ‘n wetsontwerp aanvaar wat Trump as groot en pragtig beskryf het, met belastingverligting van triljoene dollar en ‘n belofte aan verhoogde verdedigingsbesteding. Musk het aan CBS News gesê hy voel dit ondermyn sy pogings om besteding te verminder. Hy sê ‘n wetsontwerp kan groot of mooi wees, maar nie albei nie.
# Tennis: Die eerste gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus het na die derde ronde van die Franse Ope deurgedring ná haar oorwinning van 6-3, 6-1 teen Switserland se Jil Teichmann. Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, het Brittanje se Emma Raducanu met 6-1, 6-2 geklop, terwyl verlede jaar se naaswenner, Jasmine Paolini van Italië, die Australiër Ajla Tomljanovic met 6-3, 6-3 verslaan het. In die mansafdeling het die Italianer Matteo Gigante die Griek Stefanos Tsitsipas in drie stelle uitgeskakel. Die twee Amerikaners, Tommy Paul en Frances Tiafoe, is ook deur na die laaste 32.
# # En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-95-sent teen die dollar, 20-rand-20-sent teen die euro en 24-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-874-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-274-dollar-4124-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is presies 65-dollar per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….