Nuus 17:00
BULLETIN 26 Mei 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA eis die minister van Arbeid se afdanking omdat werkloosheid styg
# NotInMyName is sterk gekant teen wysigings wat SEB-beleid en ekonomiese regstelling bedreig
# En tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika keer terug na die hooftrekking van die Franse Ope
# ActionSA vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, af te dank. Die party beweer dat sy nie die groeiende werkloosheidskrisis aangepak het nie. Die party sê die jongste kwartaallikse arbeidsmagopname toon dat meer as 291-duisend werksgeleenthede in die eerste kwartaal van vanjaar verlore gegaan het, die ergste inkrimping sedert 2021. Alan Beesley van ActionSA sê om Meth in die pos te behou, wys dat die regering gemaklik is met mislukking:
# NotInMyName International het sterk teenkanting uitgespreek teen voorgestelde wysigings aan Suid-Afrika se swart ekonomiese bemagtings-beleid en waarsku dat dit dekades van ekonomiese regstelling kan ondermyn. Die beweging is bekommerd oor berigte dat die veranderinge daarop gemik is om Starlink se marktoegang te vergemaklik ten koste van bemagtigingsdoelwitte. Die organisasie vra volle deursigtigheid, raadpleging met belanghebbendes en nakoming deur alle buitelandse firmas. Hy sê tegnologie moet nie vernuwing oorheers nie.
# Die GOOD-party sê die DA het op ‘n skandelik wyse sy hande in onskuld gewas vir die versuim om in te gryp by die bendekultuur in die Wes-Kaap totdat hy beheer oor die polisie bekom. Die sakemagnaat Johann Rupert het in verlede week se vergadering in die Withuis beweer die DA sukkel om die moordsyfer op die Kaapse Vlakte onder beheer te kry. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die jongste misdaadsyfers toon byna 90-persent van die land se bendemoorde word in die Wes-Kaap gepleeg:
# Die voormalige president van die Demokratiese Republiek die Kongo, Joseph Kabila, het volgens berigte aangekom in ‘n gebied wat deur M23-rebelle en die Geallieerde Revolusionêre Koalisie beheer word. Dit volg dae nadat die senaat sy immuniteit opgehef het weens aanklagte van hoogverraad en oorlogsmisdade. Die rebelle het Kabila as ‘n soldaat van die volk geloof en sy teenwoordigheid tot ‘n hupstoot vir hul opstand verklaar. Kinshasa sal na verwagting sterk reageer en die skuif ‘n openlike rebellie noem. Uganda het glo Kabila se grenstoegang verhoed en gewys op streeksekerheids-risiko’s.
# Tennis: Die Suid-Afrikaner Lloyd Harris speel môre teen die Rus Andrey Rublev in die eerste ronde van die Franse Ope nadat hy vir die kleibaan-Grand Slam-toernooi gekwalifiseer het. Verskeie beserings het veroorsaak dat die 28-jarige se wêreldranglysposisie skerp gedaal het – van 31ste in September 2021 tot sy huidige 224ste. Harris het 2014 se Amerikaanse Ope-kampioen, Marin Cilic van Kroasië, Saterdag in die laaste kwalifiserende ronde in Parys geklop om sy plek in die hooftrekking los te slaan. Rublev is 17de gekeur op Roland Garros.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-87-sent teen die dollar, 20-rand-33-sent teen die euro en 24-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-876-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-334-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….