Nuus 09:00
BULLETIN 26 Mei 9 vm
Goeiemôre/Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# COPE beskuldig minister Malatsi dat hy die transformasie-agenda verraai het
# Die polisie is op hoë gereedheidsgrondslag ná WhatsApp-dreigemente oor ontwrigting in Gauteng
# En Zelensky vra vir meer sanksies teen Rusland
# COPE het die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, se besluit om toegewings te maak wat wetgewing oor Breed-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging betref, veroordeel. Die minister het ‘n beleidsaanwysing vir openbare kommentaar gepubliseer wat aansoekers vir kommunikasielisensies toelaat om ʼn reël te omseil waarvolgens lisensiehouers 30-persent besit aan ʼn voorheen benadeelde groep moet oordra. Dit sal toelaat dat Elon Musk se Starlink in die land bedryf kan word. COPE-woordvoerder, Teboho Loate, sê dit verraai die land se hervormingsagenda:
# Die DA sê dis tyd vir die regering om vertroue te herbou, integriteit te herstel en werklike aanspreeklikheid van die Departement van Verdediging te vereis. President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid gemagtig om ondersoek in te stel na ernstige bewerings van korrupsie en wanbestuur in die departement. Chris Hattingh van die DA sê ten spyte van verskeie toesigverslae deur die Parlement, was daar geen betekenisvolle optrede nie, en daarom is hierdie eksterne ingryping nou noodsaaklik:
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê hulle is op ʼn hoë gereedheidsbasis ná WhatsApp-boodskappe wat waarsku oor ʼn afsluiting wat vandag in Gauteng beplan word. Die boodskappe probeer gemeenskappe mobiliseer om hoofweë te versper, skole te sluit, die Amerikaanse ambassade en konsulaat te sluit en Amerikaanse ondernemings en koswinkels in die provinsie toe te maak. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die boodskappe is misleidend en wil vrees skep, gemeenskapslede boelie en geweld aanhits:
# Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, waarsku dat Rusland se geweld nie sonder sterk internasionale druk gestuit kan word nie. Dit volg nadat Moskou die naweek Kiev met hommeltuie en missiele aangeval en 12 mense, insluitend drie kinders, se lewens geëis het. Rusland se ministerie van Verdediging, sê hy het skade aangerig by teikens soos militêre vliegvelde, ammunisiestoorplekke en elektroniese oorlogstasies. Zelensky sê elke soortgelyke terroristeaanval deur Rusland is rede vir nuwe sanksies.
# Tennis: Die wêreld se voorste speler, Aryna Sabalenka, van Belarus het haar Franse Ope-veldtog op ‘n hoë noot begin deur Kamilla Rakhimova van Rusland te verslaan om na die tweede ronde deur te dring. Italië se Jasmine Paolini het Yuan Yue van China geklop. Die gewese tweede beste speler ter wêreld Petra Kvitova van Tsjeggië is ook uitgeskakel. By die mans het die Amerikaner Ben Shelton vir Lorenzo Sonego van Italië getroef. Frances Tiafoe van Amerika en die Italianer Lorenzo Musetti is ook deur.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-81-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 24-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-700-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-348-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-40-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….