Nuus 08:00
BULLETIN 26 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Thabo Mbeki verdedig die omstrede “Kill the Boer”-liedjie
# Donald Trump stem in om die 50-persent EU-tariewe tot Julie uit te stel
# En atletiek: Akani Simbine doen dit weer
# Oudpresident Thabo Mbeki het die omstrede “Kill the Boer”-lied verdedig en sê dis ‘n simboliese uitdrukking van die teenapartheidstryd. Die lied was verlede week in die kollig nadat president Donald Trump tydens sy ontmoeting met president Cyril Ramaphosa by die Withuis ʼn video gespeel het waarin EFF-leier Julius Malema dit dreunsing. Mbeki het aan die SABC gesê die wat dit as ʼn letterlike oproep tot geweld beskou, oordryf dit vir politieke doeleindes:
# Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê onwettige finansiële geldvloei bly ‘n kritieke uitdaging vir baie lande, veral op die Afrika-kontinent. Ramokgopa het die Derde G20-ontwikkelingswerkgroepvergadering in KwaZulu-Natal toegespreek. Sy sê volgens die Afrika-Eenheid Ekonomiese Kommissie vir Afrika oor onwettige finansiële vloei, verloor die Afrika-vasteland na raming jaarliks 1,5-triljoen-rand as gevolg van die onwettige finansiële geldvloei:
# Die Onafhanklike Finansiële Adviseursforum het aansoek gedoen vir ʼn hofinterdik om die Stad Johannesburg te keer om voort te gaan met ʼn mediesefonds-tender en voer aan dis onregmatig. Die metro het besluit om te tender vir die aanstelling van ʼn enkele mediesefonds-verskaffer vir sy werknemers. Die forum se woordvoerder, Njabulo Majola, sê dis duidelik dat die metro ʼn enkele makelaar wil aanstel om dienste te lewer aan lede van verskeie mediese fondse wat tans kontrakte met makelaars van hul eie keuse het:
# President Donald Trump van Amerika sê hy het ingestem om die 50-persent-tariewe op invoere uit die Europese Unie tot 9 Julie uit te stel. Dit volg ná gister se telefoniese gesprek met die Europese Unie se president, Ursula von der Leyen. Die 50-persent-koers sou volg nadat Trump in April ʼn wederkerige tarief van 20-persent teen die EU gehef het, wat ook uitgestel is. Die EU is een van Amerika se grootste handelsvennote. Von der Leyen sê hulle is gereed om vinnig ʼn handelsooreenkoms met Amerika aan te gaan.
# Atletiek: Die Suid-Afrikaner Akani Simbine bly vanjaar onoorwonne in die 100-meter nadat hy sy derde Diamantliga-sege van die jaar in Rabat, Marokko, behaal het. Hy het met ʼn tyd van 9,95-sekondes voor Ferdinand Omanyala van Kenia en die Amerikaner, Fred Kerley, oor die wenstreep genael. Simbine se landgenoot, Zakithi Nene, het ʼn sterk vertoning in die mans se 400-meter gelewer en tweede geëindig. Nog ʼn Suid-Afrikaner, Prudence Sekgodiso, moes ook tevrede wees met ʼn tweede plek in die 800-meter vir vroue. Simbine sê hy voel goed en vol vertroue:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-82-sent teen die dollar, 20-rand-33-sent teen die euro en 24-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-617-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-345-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….