Nuus 13:00
BULLETIN 25 Mei 1 nm
Goeiemôre/Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Thabo Mbeki sê Afrika moet belê in vaardighede wat groei op kontinent sal bevorder
# Donald Trump stel ‘n 50% heffing voor op invoere uit die Europese Unie
# En, die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes vra vir groter bewustheid oor hondsdolheid
# Die voormalige president Thabo Mbeki sê Afrika moet belê in die ontwikkeling van vaardighede wat die ekonomiese groei van Afrika sal bevorder. Hy het gister die 15de jaarlikse Thabo Mbeki-lesing in Dar es Salaam in Tanzanië aangebied, onder die tema, Stand van die Vasteland – herlewing van die Afrika-renaissance. Mbeki sê Afrika moet die kaders ontwikkel om kundig te wees oor Afrika-beleid en daarop te reageer:
Die Vereniging van Staatsamptenare doen intussen ‘n beroep op Afrika-leiers, -instellings en die burgerlike samelewing om samewerking, selfstandigheid en mensgesentreerde ontwikkeling te prioritiseer om ‘n Afrika te bou wat verenig en ekonomiese onafhanklik is. Die woordvoerder van die vakbond, Claude Naiker, sê Afrika se toekoms berus op verminderde afhanklikheid van buitelandse hulp en ‘n sterker fokus op samewerking binne Afrika:
# Die DA doen ‘n beroep op die polisie en die Departement van Korrektiewe Dienste om ‘n openbare beloning aan te bied vir inligting wat kan lei tot die herarrestasie van Me-Kayle Timmie en Mikyle Mentoor wat by die Pollsmoor-gevangenis in die Wes-Kaap vermis geraak het. Nicholas Gotsell van die DA sê eerder as om sistemiese mislukkings te erken, blameer die departement nou die polisie en beweer hulle het nie die wetlike instrumente om die mans aan te hou nie. Timmie en Mentoor is onderskeidelik skuldig bevind aan verkragting en moord:
# In sy jongste dreigement oor handel met Europa het president Donald Trump planne aangekondig om vanaf 1 Junie, ‘n 50-persent heffing in te stel op goedere wat uit die Europese Unie ingevoer word. Hy regverdig die nuwe maatreël deur te wys op die beduidende handelstekort tussen die VSA en die EU, wat hy as “heeltemal onaanvaarbaar” beskryf. Die voorstel het verdere kommer laat ontstaan oor toenemende handelspanning en moontlike ekonomiese gevolge.
# Krieket: Engeland het hul internasionale somerkrieket-tuisveldtog begin met ‘n oortuigende oorwinning oor Zimbabwe by Trent Bridge in Nottingham, Engeland. Zimbabwe is twee keer uitgeboul terwyl hulle Engeland se eerste beurt-totaal van 565 vir 6 gejaag het, met onderskeidelik 265 en 255 lopies. Zimbabwe het ‘n dapper stryd gelewer, met Sean Williams wat 88 lopies aangeteken het. Die span het ‘n staande ovasie ontvang toe hulle ‘n ererondte om die stadion gedoen het.
# En laastens, die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes doen ‘n beroep op verhoogde bewustheid van hondsdolheid. Hondsdolheid is ‘n virussiekte wat hoofsaaklik deur die speeksel van besmette diere oorgedra word. Dokter Vuyiswa Khumalo van die instituut sê die meeste menslike hondsdolheidgevalle word gekoppel aan byte deur honde, en die siekte is amper altyd noodlottig sodra simptome verskyn. Sy sê hondsdolheid bly ‘n ernstige openbare gesondheidsbedreiging in Suid-Afrika, veral in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….