Nuus 09:00
BULLETIN 24 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK Party eis die onmiddellike opheffing van die regulasies wat uitgevaardig is onder Wet op Staatsinligtingstegnologie-agentskap
# Nkosazana Dlamini-Zuma moedig Afrikane aan om hul eie storie deur ontwikkeling te vertel
# En Donald Trump sê Brittanje moet vir olie boor eerder as om ‘onooglike’ windturbines te bou
# Die MK-party eis die onmiddellike opskorting van die regulasies wat deur die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, ingevolge die Wet op Staatsinligtingstegnologie-agentskappe uitgevaardig is. Woordvoerder Nhlamulo Ndhlela sê die party sien dit as ‘n bloudruk wat ontwerp is om staatskapasiteit af te breek, transformerende verkrygingsraamwerke te omseil en agterdeurtransaksies met buitelandse oligarge soos Elon Musk te bespoedig:
# Die voormalige voorsitter van die Afrika-Unie, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Afrikane versoek om hul verhaal te herwin en die vasteland se ontwikkeling aan te vuur. Sy het voor die Moeder-Afrika-dialoog op Afrikadag in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon hoe belangrik dit is dat Afrikane hul eie stories vertel om eenheid en vooruitgang te bevorder. Dlamini-Zuma het die behoefte aan belegging in onderwys, infrastruktuur en intra-Afrika-handel beklemtoon om die vasteland se potensiaal te benut en volhoubare groei te verseker:
# ‘n Vrou wat na bewering voorgegee het dat sy ‘n pasiënt was om twee pasgebore babas uit die Dora Nginza-hospitaal in die Oos-Kaap te ontvoer, is Vrydag weer terug in die New Brighton-landdroshof. Sinovuyo Rabula het na bewering gemaak of sy buikpyn het om toegang tot die kraamsaal te kry voordat sy Dinsdag met die babas gevlug het. Albei babas is veilig terugbesorg. Luxolo Tyali van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Rabula staar twee aanklagte van ontvoering in die gesig. Sy bly in aanhouding tot haar formele borgtogaansoek.
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Brittanje aangespoor om te boor vir meer olie eerder as om windturbines te bou. Hy het op sy Truth Social-platform gesê hy beveel ten sterkste aan dat Brittanje sy energiekoste verlaag, ophou met duur en onooglike windturbines, en moderne boorwerk in die Noordsee aanspoor waar groot hoeveelhede olie lê en wag om ontgin te word. Amerika het teruggekeer na fossielbrandstowwe, met Trump wat energiebeleid ‘n sentrale deel van sy beleid gemaak het sedert hy in Januarie teruggekeer het na die Withuis.
# Tennis: ‘n Nuwe era breek môre in Parys aan wanneer die Franse Ope die eerste keer sedert 2005 sonder die 14-malige kampioen, Rafael Nadal van Spanje, plaasvind. Die koning van klei het ‘n verstommende rekord op Roland Garros met 112 oorwinnings en net vier nederlae – teen Robin Soderling van Swede in 2009, Novak Djokovic van Serwië in 2015 en 2021, en die Duitser Alexander Zverev in die eerste ronde verlede jaar. Die 38-jarige Nadal, wat laat verlede jaar uitgetree het, sal môre met ‘n spesiale seremonie vereer word.
# En nog tennisnuus van Roland Garros: Die wêreld se twee voorste manspelers, Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz, begin môre met hulle Franse Ope-veldtogte in Parys. Sinner speel in die eerste ronde teen die plaaslike speler Arthur Rinderknech en Alcaraz, die verdedigende kampioen, teen die gewese wêreld-nommer-vier, die 35-jarige Kei Nishikori van Japan. Verlede jaar se naaswenner, Alexander Zverev van Duitsland, pak die Amerikaanse tiener Learner Tien. Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic van Serwië, wat die toernooi al drie keer gewen het, speel teen die Amerikaner Mackenzie McDonald.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….