Nuus 11:00
BULLETIN 21 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Amerikaanse stigting dring aan dat Trump die omkering van Suid-Afrikaanse beleid eis
# ‘n Werkgroep sal die uitwerking van die Amerikaanse fondsonttrekking ondersoek
# En tennis: Djokovic is nie haastig om ‘n nuwe afrigter te kry na Murray se vertrek nie
# Die Amerikaanse dinkskrum, die Stigting vir die Verdediging van Demokrasieë, vra president Donald Trump vir groter druk op Suid-Afrika om skadelike beleid om te keer. Trump ontmoet president Cyril Ramaphosa vandag in die Withuis. Die stigting sê as Suid-Afrika sy vennootskap met Amerika wil herstel, moet Trump eis dat sleutelbeleid omgekeer word. Dit sluit in dat die land sy volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Geregshof laat vaar en Rusland se inval in Oekraïne in die openbaar veroordeel.
Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, het intussen ‘n werksgroep van 12 lede aangestel om die uitwerking en gevolge te ondersoek na die onttrekking van Amerikaanse fondse. Dit raak noodsaaklike MIV-verwante dienste in Suid-Afrika. Die groep se voorsitter is die gewese visekanselier van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Derrick Swartz. Nzimande het aan eNCA gesê die werksgroep sal ook geopolitieke risiko’s ondersoek en strategieë aanbeveel om die land te beskerm:
# ‘n Ekonoom van die Stellenbosse Sakeskool, André Roux, sê Begroting 3.0 moet ekonomiese groei en werkskepping voorkeur gee bo die blote balansering van die boeke. Hy glo die koalisie se onlangse eenheid kan beleggers gerusstel en help om die begroting goed te keur. Roux waarsku teen die verhoging van persoonlike of korporatiewe belasting en sê dit kan groei benadeel:
# Nedlac se Sakekamer het die Nedlac-verslag oor die Wetsontwerp op Tabakprodukte en Elektroniese Damprooktoestelle goedgekeur, maar ernstige beperkings uitgespreek. Dit sluit die insluiting van internasionale nie-regerings-organisasies by die regeringsliggaam in, en die eensydige verwydering van sy gedokumenteerde besware. Die finale verslag bevat ook nuwe standpunte wat nooit tydens raadpleging bespreek is nie. Die Sakekamer versoek die Parlement om hierdie kwessies te oorweeg en waarsku die wetsontwerp blyk om gevorm te word deur eksterne agendas en nie Suid-Afrikaanse werklikhede nie.
# Tennis: Die voomralige wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, is nie haastig om ʼn nuwe afrigter te kry voor die Franse Ope nie. Sy en nog ‘n gewese nommer-een, Andy Murray, se paaie het onlangs geskei nadat hulle ses maande saamgewerk het. Die 24-malige Grand Slam-kampioen is ʼn promotorskeuse vir die Geneefse Ope, waar hy probeer om sy 100ste toervlak-titel te beklink. Hy speel vandag teen die Hongaar, Marton Fucsovics. Djokovic sê hy kon niks meer uit sy vennootskap met Murray kry nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-94-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 24-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-809-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-314-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-48-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….