Nuus 8:00
BULLETIN 18 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa reis vandag na VSA om die saak oor waninligting rondom Suid-Afrika reg te stel
# Adjunkminister van handel dring aan op rasionele dialoog in Ramaphosa-Trump-ontmoeting
# En, mees-gesoekte transito-rowers en moordverdagtes in skietery in Boksburg gedood
# President Cyril Ramaphosa vertrek vandag na die VSA om gespanne verhoudings te herstel en bewerings van ‘n Afrikaner-volksmoord in Suid-Afrika te bestry. Ramaphosa het tydens die inswering van die ANC in die Noord-Kaap se Provinsiale Uitvoerende Komitee gesê hy sal die bewerings ferm verwerp en noem dit disinformasie wat gebruik word deur individue wat asiel in die VSA soek. Hy het beklemtoon daar is geen volksmoord nie, aangesien Suid-Afrikaners nie dade van haat of vergelding teenoor ander pleeg nie:
Intussen, het die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Zuko Godlimpi, op die vooraand van president Cyril Ramaphosa se ontmoeting met die Amerikaanse president Donald Trump op Woensdag, die behoefte aan ‘n rasionele en konkrete benadering beklemtoon. Ramaphosa vertrek vandag na die VSA te midde van spanning oor grondhervorming en Suid-Afrika se regstappe teen Israel. Ten spyte van verskille bly die VSA Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot. Hy sê die ontmoeting behoort strategiese betrekkinge te herstel en te versterk:
# Vyf van Suid-Afrika se mees gesoekte verdagtes in transito-rooftogte sowel as moordsake is tydens ’n polisieklopjag by ’n skuilplek in Klippoortjie, Boksburg, Gauteng, doodgeskiet. Die verdagtes het vroeër sekerheidswagte in Dawn Park beroof. ’n Inligtingsgedrewe operasie deur die Sedibeng Taktiese Reaksie-eenheid en Ekurhuleni se SWAT-span het tot die skietgeveg gelei. Twee verdagtes is in hegtenis geneem, en die polisie het vuurwapens, gesteelde geld en gekaapte voertuie teruggevind. Owerhede glo die groep is verantwoordelik vir verskeie rooftogte regoor Gauteng.
# Tiger Brands het sy ingemaakte vrugte-afdeling, Langeberg en Ashton Foods, vir ‘n simboliese een-rand aan ‘n konsortium bestaande uit die Ashton vrugteprodusente-koöperatief en ‘n ontwikkelingsfinansieringsinstelling verkoop. Die transaksie sluit ‘n belegging van 150-miljoen-rand in ‘n gemeenskapstrust in, wat ‘n belang van tien-persent in die nuwe maatskappy hou en daarop gemik is om plaaslike sosio-ekonomiese ontwikkeling te ondersteun. Tiger Brands sal ook 31-miljoen-rand belê om die fasiliteit se uitskot-aanleg op te gradeer om aan omgewingstandaarde te voldoen. Die maatskappy sal voortgaan om ingemaakte vrugte onder die KOO-handelsmerk van die nuwe entiteit te verkry.
# En, Rugby: Ná ’n ontstellende besering verlede week het Eben Etzebeth ’n kapteinsvertoning gelewer vir die Haaie, met die Durbanse span wat ’n 12-3 oorwinning sonder drieë teen die Scarlets in Durban behaal het. Op Loftus Versfeld het die Bulle op die beste moontlike manier afskeid geneem van die ontslape Cornal Hendricks met ’n briljante vertoning van wenrugby – ’n nege-drie, 55-15 – oorwinning oor die Dragons. Die Leeus het die VRK verlaat met ’n dapper-oorwinning op die nippertjie teen die Ospreys met 29-28 terwyl die Stormers Cardiff met 34-24 geklop het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….