Nuus 13:00
BULLETIN 17 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# John Steenhuisen kritiseer die Afrikaner-emigrasie na die VSA
# Mlungisi Cele is aangestel as nuwe direkteur-generaal van die Departement Wetenskap, Tegnologie en Innovering
# En in rugby, die Haaie byt terug met ‘n oorwinning oor ‘n vasberade Edinburgh in die Verenigde Rugbykampioenskap
# Die DA-leier John Steenhuisen het Afrikaners wat na die VSA geëmigreer het onder ‘n vlugtelingprogram gekritiseer en noem dit ‘n slegte keuse. Steenhuisen sê die VSA se besluit om vlugtelingstatus aan 49 Afrikaners uit Suid-Afrika toe te ken, is gegrond op verkeerde inligting, aangesien hulle nie aan die definisie van vlugtelinge voldoen nie. Hy het ook hul geloofwaardigheid as boere bevraagteken en beklemtoon hoe belangrik dit is om alle boere te behou ter ondersteuning van die landbousektor:
# Die adjunkminister van Handel en Nywerheid, Zuko Godlimpi, het die belangrikheid van die Transformasiefonds beklemtoon om klein, medium en mikro-ondernemings te ondersteun. Hy sê die fonds spreek sleuteluitdagings aan soos beperkte toegang tot finansiering, wat ‘n groot struikelblok is vir KMMO’s in Suid-Afrika. Die inisiatief is ook daarop gemik om ondernemings in swartbesit en onder swart bestuur te bevorder deur finansiële en nie-finansiële ondersteuning, wat hul deelname aan die ekonomie verbeter:
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, het Mlungisi Cele aangewys as die nuwe direkteur-generaal van die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, met ingang 1 Junie 2025. Cele, ‘n bedrewe akademikus en beleidskundige met meer as 20 jaar ondervinding, het voorheen gedien as uitvoerende hoof van die Nasionale Adviesraad oor Innovering en waarnemende adjunk-direkteur-generaal vir Tegnologie-innovering. Nzimande het sy strategiese kundigheid geloof en ‘n beroep gedoen op ondersteuning deur die openbare wetenskapsektor om die departement vir nasionale prioriteite te herposisioneer.
# Die Vereniging van Staatsamptenare is woedend nadat die Gautengse regering versuim het om 1,8-miljard rand van sy 2023/24-begroting te bestee. Die vakbond sê dit verraai openbare vertroue, veral terwyl hospitale met tekorte sukkel, skole oorvol is, en infrastruktuur ineenstort. Die vakbond eis antwoorde van die LUR vir Finansies, Lebogang Maile, en vra ‘n dringende ondersoek en aanspreeklikheid. Die VSA beklemtoon dat elke onbestede rand ’n verlore geleentheid is om die gemeenskap te dien, en waarsku dat toekomstige begrotings noodsaaklike dienste op grondvlak moet voorop stel.
# Rugby: Die Haaie het gisteraand ‘n 18-17 oorwinning oor Edinburg behaal in ‘n opwindende VRK-botsing in die Skotse hoofstad. Edinburg was 17-13 voor toe Springbok-vleuel Makazole Mapimpi in die laaste minute van die wedstryd ‘n drie gedruk het om ‘n oorwinning te verseker. Net voor die eindfluitjie het Edinburg se plaasvervanger-heelagter Jack Brown probeer om ‘n drie aan te teken, maar is briljant gekeer deur regtervleuel Ethan Hooker en Mapimpi. Edinburg was met rustyd 10-6 voor. Die Haaie is nou vierde op die VRK-puntelys, slegs een punt agter die Bulle in die derde plek.
# En ten slotte sokker: Manchester City hoop om hul deurmekaar seisoen op ‘n hoogtepunt af te sluit wanneer hulle vanmiddag teen Crystal Palace in die eindstryd van die FA-beker op Wembley-stadion speel. Hoofafrigter Oliver Glasner het Crystal Palace egter nuwe lewe gegee. Die Eagles het ‘n paar moeilike spanne verslaan, insluitend Millwall en Fulham, asook ‘n stewige oorwinning van 3-0 oor Aston Villa in die halfeindronde behaal. Palace speel vir die derde keer in die FA-bekereindstryd. In 1990 en 2016 het hulle as naaswenners teen die Manchester-span uit die stryd getree. Afskop is vanmiddag om 4.30.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….