Nuus 06:00
BULLETIN 5 Januarie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement hoop om sleutel-wetgewing af te handel voor Suid-Afrika gaan stem
# Die Gesondheidsdepartement vergader met sy provinsiale eweknieë om die kwessie van ongeplaaste mediese interns op te klaar
# En tennis, Rafael Nadal speel teen ‘n Aussie in die kwarteindronde in Brisbane
# Die Parlement sê hy hoop om van die sleutel-wetgewing af te handel voordat Suid-Afrikaners gaan stem. Drie-en-twintig wetsontwerpe dien tans voor die Nasionale Raad van Provinsies, terwyl verskeie komitees van die Nasionale Vergadering ook 33 wetsontwerpe verwerk. Dit sluit in die Wysigingswetsontwerp op Verkiesings en die Wysigingswetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport. Die woordvoerder, Moloto Mothapo, verduidelik die Parlement sal strategieë bespreek oor hoe om van die wetsontwerpe betyds deurgevoer te kry:
# Die Departement van Gesondheid beplan om vandag hulle provinsiale eweknië te ontmoet in ‘n poging om die kwessie van ongeplaaste interns te bespreek. Die departement het verlede maand aanspraak gemaak dat nege-duisend-395 van die 10-duisend-386 beroepsgesondheidslui geplaas is. Dit sluit dokters en verpleegkundiges in. Berigte oor studente wat sonder plasing sit, het egter na vore gekom. Luvuyo Bayeni van die departement hoop die kwessie sal teen die einde van die maand opgelos wees deur ‘n reeks skakelings met provinsies om plasings te bevestig en enige probleme uit die weg te ruim.
# Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika beskou die toenemende inlywing-sterftes in die Oos-Kaap as ‘n ramp, met 34 noodlottige voorvalle in verlede jaar se somerseisoen. Dit is ‘n toename van die 22 sterftes wat in 2022 aangeteken is. Die regering beplan nou om die inlywingsgeleenthede reg deur die jaar, eerder as net in die somerseisoen, te laat plaasvind. CONTRALESA se voorsitter, Kgoshi Mokoena, sê hy is platgeslaan en vra buitengewone maatreëls om die ontstellende voorkoms teen te werk. Hy stel ‘n proefprojek voor vir alternatiewe inlywingskool-metodes.
# Oscar Pistorius sal na verwagting na sy oom Arnold se huis in Pretoria geneem word wanneer hy vandag op parool vrygelaat word. Die voormalige Paralimpiese kampioen het die helfte van sy vonnis uitgedien vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in 2013. Arnold Pistorius het vroeër gesê ‘n “Kamer vir Oscar” is gereed in hulle huis terwyl sy broerskind ook ʼn betrekking aangebied is. Korrektiewe Dienste wou geen besonderhede bekend maak oor Pistorius se vrylating nie en het bygevoeg hy sal net soos enige ander paroolganger behandel word tot sy vonnis in 2029 verstryk.
# Die Spaanse lugredery, Iberia, het meer as 400 vlugte gekanselleer weens ʼn staking van vier dae deur werkers op gronddiens. Die staking begin vandag op die vooraand van Driekoningsfees, wat ʼn belangrike vakansiedag in die land is. Die vlugkansellasies sal ook die lugdiens se laekoste-redery, Iberia Express, en sy streekslugdiens, Air Nostrum, beïnvloed en meer as 45-duisend passasiers raak. Iberia sê die staking gaan betekenisvolle ontwrigting vir duisende reisigers meebring. Selfs indien dit op die nippertjie afgelas word, sal dit onmoontlik wees om vlugte te herskeduleer.
# Tennis: Rafael Nadal van Spanje speel vandag teen die plaaslike speler Jordan Thompson in die kwarteindronde van die Brisbane internasionale toernooi in Australië. Die 22-malige Grand Slam-kampioen wat ‘n jaar lank buite aksie was weens ‘n besering, lyk gevaarlik nadat hy na die toer teruggekeer het. Hy het Dominic Thiem van Oostenryk en nog ‘n Australiër, Jason Kubler, in die vorige rondes albei in skoon stelle geklop. Nadal berei voor vir die jaar se eerste Grand Slam-toernooi, die Australiese Ope, wat volgende Sondag in Melbourne begin. Hy is tevrede met sy vertonings:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-68-sent teen die dollar, 20-rand-46-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 44-duisend-33-dollar-95-sent. Die prys van goud is twee-duisend-46-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-74-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….