Nuus 17:00
BULLETIN 13 Mei 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile nooi Trump uit om Suid-Afrika te besoek te midde van volksmoord-bewerings
# Japan verskerp reëls om plaaslike rugbyspelers meer speeltyd te gee
# En die Suid-Afrikaanse rolprentregisseur Ramadan Suleman kry ‘n gesogte Franse eerbewys
# Adjunkpresident Paul Mashatile het die hoop uitgespreek dat die Amerikaanse president, Donald Trump, president Cyril Ramaphosa se uitnodiging sal aanvaar om Suid-Afrika te besoek met die doel om bewerings van volksmoord teen wit Afrikaners te weerlê. Die Amerikaanse administrasie het vlugtelingstatus aan 49 Afrikaners toegestaan, met verwysing na rassevervolging. Mashatile het op die Afrika-reisindaba in Durban teenoor joernaliste die land se verbintenis tot eenheid beklemtoon:
# Die Departement van Vervoer het die sperdatum vir reaksie op sy versoek om inligting oor privaat sektor-deelname in Suid-Afrika se spoor- en hawesektore tot 30 Mei verleng. Die departement sê die verlenging volg op oorweldigende belangstelling van belanghebbendes. Die kwessie fokus op sleutelvragkorridors, insluitend dié wat die Noord-Kaap met Saldanhabaai en Nelson Mandelabaai verbind, asook die Richardsbaaise grootmaat-minerale-deurgang. Die plan mik daarop om privaat beleggings te lok om doeltreffendheid en mededingendheid in die logistieke sektor te verbeter.
# AfriForum het die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gevra oor die hernude vertragings met die Sentrale Vuurwapenregister. Jacques Broodryk van die burgerregte-organisasie sê hulle eis deursigtigheid oor die 30-miljoen rand wat toegeken is om die register se stelsel te verbeter:
# Rugby: Japan het strenger reëls aangekondig om plaaslike spelers meer tyd op die veld te gee. Meer as die helfte van die spelers wat verlede seisoen in die eindstryd van die land se elite-afdeling, die Japanse Rugbyliga Een-kampioenskap, begin het, is oorsee gebore. Vanaf die 2026/27-seisoen sal liga-klubs minstens agt plaaslike spelers te enige tyd op die veld moet hê. Uitsonderings sal gemaak word vir spelers wat al meer as 30 toetse vir Japan gespeel het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-44-sent teen die dollar, 20-rand-54-sent teen die euro en 24-rand-41-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 103-duisend-770-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-241-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-29-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse rolprentregisseur Ramadan Suleman is vereer met een van Frankryk se hoogste kulturele eerbewyse. Dit is oorhandig deur die Franse ambassadeur, Elisabeth Barbier. Die Orde van Kunste en Lettere vereer uitstaande bydraes tot die kunste en letterkunde. Suleman is erken vir sy vreeslose storievertelling en verbintenis tot maatskaplike geregtigheid, en is geloof as ’n man met karakter, oortuiging en vriendskap. Hy is ook vereer vir sy prente, insluitend Fools en Zulu Love Letter, sowel as vir sy blywende bande met Franse en Afrika-teater.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….