Nuus 14:00
BULLETIN 13 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Meer Suid-Afrikaners is nou werkloos nadat die koers tot 32,9-persent gestyg het in die eerste kwartaal
# Die Referendumparty is tans in Washington om bewusmaking te skep oor Suid-Afrikaanse kwessies
# En sokker: Carlo Ancelotti word aanstel as nuwe hoofarigter van Brasilië
# Werkloosheid in Suid-Afrika het met een persentasiepunt gestyg vanaf die vierde kwartaal van verlede jaar tot die eerste kwartaal vanjaar. Statistieke SA het aangekondig die Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon ‘n afname van 291-duisend in die getal werkende mense en ‘n toename van 237-duisend in die getal werklose mense. Hierdie veranderings het veroorsaak dat die amptelike werkloosheidsyfer in die eerste kwartaal van 31,9- tot 32,9-persent gestyg het. Die uitgebreide werkloosheidsyfer het met 1,2-persentasiepunte gestyg tot 43,1-persent.
# Die Afrika- Media- en Kommunikasie-forum en die Nasionale Persklub het die polisie geprys vir sy voortgesette harde werk om die moordsaak van die joernalis Aserie Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli op te los. Die voorsitter van die Nasionale Persklub, Antoinette Slabbert, het reageer nadat nog drie verdagtes vanoggend in Nokaneng naby Rust de Winter in Limpopo in hegtenis geneem is. Dit beteken daar is reeds agt mense vasgetrek. Slabbert sê van die verdagtes het reeds in die hof verskyn:
# Die leier van die Referendumparty, Phil Craig, sê hulle is tans in Washington in Amerika om bewusmaking te skep oor die kwessies waarmee Suid-Afrikaners te kampe het, en om Kaapse onafhanklikheid as deel van die oplossing te bevorder. Craig sê hulle het vasgestel die ANC is ‘n organisasie wat tans deur talle gekritiseer word, dat daar geen illusies hoegenaamd is oor hul algehele gebrek aan morele waardes nie en dat hul nou plaaslik en internasionaal uitgeken word aan hul blatante skynheiligheid:
# Die Zimbabwiese regering het erken hy kan nie cholera uitwis nie. Dit volg nadat 11 mense dood is sedert die begin van die jongste uitbreking in November. Gesondheidskenners voer intussen aan die siekte is voorkombaar en kan uitgewis word, maar sê politieke wil ontbreek. Die minister van Gesondheid, Douglas Mombeshora, sê daar is planne om te keer dat die siekte versprei:
# Sokker: Een van die mees bekroonde afrigters in die sport, Carlo Ancelotti, het ingestem om Brasilië se nuwe hoofafrigter te word. Die 65-jarige Italianer sal Real Madrid aan die einde van die seisoen verlaat. Hy sal volgende maand in beheer wees van Brasilië se Wêreldbeker-kwalifiseerders teen Paraguay en Ecuador. Ancelotti is een van die suksesvolste afrigters in die Spaanse reus se geskiedenis en het drie Kampioeneligas en twee LaLiga-titels in sy twee tydperke in beheer opgeraap.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-29-sent teen die dollar, 20-rand-33-sent teen die euro en 24-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 103-duisend-424-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-254-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-17-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….