Eko-minuut 13:30
BULLETIN 12 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Gevorderde herwinning, wat as ‘n oplossing vir plastiek afval aangemoedig word, word wyd gekritiseer omdat dit nie werklike gevolge toon nie. Dit is ook bekend as chemiese herwinning, wat verwys na talle prosesse vir die afbreek van plastiek in sy samestellende molekules. Die proses is egter duur en hou meer probleme in. Kenners sê dit kniehalter die soeke na nuwe oplossings soos die vermindering van plastiek gebruik en verbeterde gereelde herwinning. Kritici sê gevorderde herwinning sonder data en strenger reëls is eerder ‘n bemarkings-taktiek as werklike vordering.
# ʼn Vooraanstaande marienebewaringsorganisasie in Gansbaai in die Wes-Kaap, Marine Dynamics, het sy 25ste herdenking gevier. Die organisasie bestuur die beroemde Dyer-eiland Bewaringstrust en die Afrikapikkewyn- en Seevoël-reservaat. Dit kry wêreldwyd erkenning vir bewaringspogings, navorsing en opvoedingsprojekte. Die uitvoerende hoof, Wilfred Chivell, het die organisasie in ʼn onderhoud met die SABC geloof vir die rol wat dit oor die jare in mariene-ekotoerisme gespeel het:
# En ten slotte: Klimaatsverandering beïnvloed die migrasie van voëls en ontwrig hul patrone terwyl dit ekostelsels bedreig. Só sê die natuurlewe-bioloog en raadgewer van die Verenigde Nasies, Francisco Rilla. Rilla sê hoër temperature kan die bedreiging van voedselskaarste teenwerk, wat daartoe lei dat voëls hul migrasieroetes verkort of glad nie na hul oorspronklike habitat terugkeer nie. Rilla sê as trekvoëls begin verdwyn, kan dit landbou en die voedselketting beïnvloed.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….