Nuus 09:00
BULLETIN 12 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sê die MK-party se ondersoek na die besteding vir die uitgestelde begroting is ligsinnig
# Die UDM bevraagteken die voortgesette teenwoordigheid van Timothy Omotoso in die land
# En die VSA en China maak vordering met die afwenteling van die handelsoorlog
# Die ANC-studiegroep vir die staande komitee oor die Ouditeur-Generaal sê die MK-party se versoek vir ‘n ondersoek na uitgawes wat verband hou met die uitgestelde 2025 nasionale begroting is beuselagtig. Die party beskuldig die regering dat hy miljoene rand wanbestee op voorbereiding vir die nasionale begroting wat twee keer uitgestel is. Imraan Subrathie van die ANC sê die inligting wat die MK-party versoek, kan verskaf word deur die Nasionale Tesourie en die onderskeie staatsorgane:
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê die Afrika Reis-indaba is die trots van toerisme op die vasteland. Die indaba, wat in Durban aangebied word, begin vandag met die tema: Onbeperkte Afrika. Verlede jaar se indaba het 226-miljoen-rand vir Durban verdien, en ‘n bykomende 333-miljoen-rand regoor die provinsie. Vanjaar se indaba verwelkom meer as eenmiljoen-300 uitstallers, afgevaardigdes van 27 Afrikalande en meer as eenmiljoen-200 gekeurde internasionale kopers van 55 bronmarkte. De Lille sê die indaba is ‘n voertuig om werksgeleenthede te skep.
#Die vroueorganisasie van die UDM sê Suid-Afrikaners het die reg om te weet waarom die omstrede Nigeriese televangelis Timothy Omotoso steeds in die land is. Omotoso, wat onlangs vrygespreek is op ‘n reeks aanklagte van seksuele aanranding en menshandel, is oor die naweek in Oos-Londen in hegtenis geneem vir die oortreding van die Immigrasiewet. Thandi Nontenja van die UDM sê die land kan nie voortgaan om buitelandse godsdiensleiers te beskerm nie wat deur hul invloedryke posisies op die kwesbares teer:
# Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, beskryf die handelsamesprekings met China as produktief en opbouend. Amptenare van die wêreld se twee grootste ekonomieë het die naweek in Genève, Switserland, vergader om te onderhandel. Dit volg nadat president Donald Trump verlede maand omvattende handelstariewe van 145-persent op die meeste Chinese goedere ingestel het. China het teruggekap met tariewe van 125-persent op Amerikaanse goedere. Bessent sê die twee lande het aansienlike vordering gemaak om die handelsoorlog af te skaal. China se visepremier, He Lifeng, sê dit was deurtastende, eerlike gesprekke.
# Motorsport: Johann Zarco het geskiedenis gemaak toe hy die eerste Fransman in 71 jaar geword het om die Franse MotoGP Grand Prix wen. Die 34-jarige op sy LCR Honda het 19,907 sekondes voor die sesmalige wêreldkampioen van Ducati, Marc Marquez, oor die wenstreep gejaag. Die 20-jarige nuweling, Fermin Aldeguer van Ducati-Gresini, was derde. Zarco se oorwinning verbreek Ducati se 22 agtereenvolgende oorwinnings en hy is nou sesde op die algehele punteleer. Hy sê dis spesiaal om tuis te wen:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-20-sent teen die dollar, 20-rand-23-sent teen die euro en 24-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 103-duisend-889-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-278-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-96-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….