Nuus 13:00
BULLETIN 7 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF vra die skrapping van vervaldatums vir ongebruikte voorafbetaalde data en lugtyd
# Nog ‘n Amerikaanse vegvliegtuig val van ‘n vliegdekskip af
# En motorsport: Alpine vervang Jack Doohan met sy reserwe-renjaer
# Die EFF vra dat vervaldatums vir voorafbetaalde selfoondata en lugtyd onmiddellik geskrap moet word en noem dit uitbuitend en ongrondwetlik. Volgens die party sê die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid hy is besig om vervaldatums te hersien en sal binnekort met ‘n proses van openbare verhore begin. Die EFF sê egter die party het nog nie ‘n omvattende uiteensetting ontvang oor wat gedoen moet word om die beperking van die verstryking van voorafbetaalde data en lugtyd te wettig nie.
# Die African Transformation Movement het die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Wet op Burgerskap as onverantwoordelik beskryf. Die hof het ‘n vorige uitspraak van die Appèlhof bevestig dat ‘n artikel van Wet 88 van 1995 ongrondwetlik is. Dit het bepaal dat Suid-Afrikaners wat vrywillig die burgerskap van ‘n ander land buite die huwelik verkry, se Suid-Afrikaanse burgerskap outomaties verval. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die uitspraak is verraad teen die land se soewereiniteit:
# ‘n Senior landbou-ekonoom van FNB, Paul Makube, sê die jongste brandstofprysverlaging het op die regte tyd gekom te midde van verhoogde landbou-bedrywighede. Die petrolprys het om middernag met 22-sent-per-liter gedaal, terwyl die twee grade diesel nou onderskeidelik 42- en 41-sent per liter goedkoper is. Dit volg op ‘n daling in internasionale oliepryse as gevolg van ooraanbod en handelspanning. Makube sê dit sal boere se winsgewendheid verhoog omdat brandstof byna 13-persent van die insetkoste in graanproduksie uitmaak:
# ‘n Peperduur Amerikaanse vegvliegtuig het misluk om op die vliegdekskip Harry S Truman te land en in die Rooi See neergestort. Dit is die tweede vliegtuig wat in net meer as ‘n week van hierdie skip verlore gegaan het. Die tweesitplek F/A-18F Super Hornet, wat sowat 1,2-miljard-rand kos, het oorboord geval nadat dit nie tydens die landing gevang is nie. ’n Verdedigingsbeampte het aan die Amerikaanse Vlootinstituut gesê dat die haak van die vliegtuig nie met die remdraad op die vaartuig kontak gemaak het nie.
# Motorsport: Die Formule Een-span Alpine het bevestig dat die reserwebestuurder Franco Colapinto vir Jack Doohan sal vervang vir die volgende vyf wedrenne, insluitende volgende naweek se Emilia Romagna Grand Prix op Imola in Italië. Doohan het gesukkel om sy spanmaat Pierre Gasly se tye te ewenaar en ná ses rondes van sy eerste F1-seisoen nog nie ‘n enkele kampioenskapspunt behaal nie. Die 22-jarige Australiër sal by Alpine aanbly as ‘n reserwebestuurder. Dit volg op gister se aankondiging dat die spanhoof, Oliver Oakes, met onmiddellike ingang bedank het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-33-sent teen die dollar, 20-rand-80-sent teen die euro en 24-rand-41-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-936-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-373-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 62-dollar-33-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….