Nuus 09:00
BULLETIN 6 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Konstitusionele Hof sal vandag uitspraak lewer in die DA se Burgerskapwet-saak
# Die regering is bekommerd oor mensehandel
# En kinders van 14 of jonger maak nou minder as 12-persent van Japan se bevolking uit
# Die Konstitusionele Hof sal vandag uitspraak lewer in die DA se aansoek om die burgerskap van alle Suid-Afrikaanse burgers te beskerm. Die party vra vir ‘n bevel ter bevestiging van die Appèlhof se uitspraak dat ‘n artikel van die Wet op Burgerskap van 1995 ongrondwetlik en ongeldig is. Dit is in die mate dat dit daartoe lei dat burgers hul burgerskap verloor met die vrywillige en formele verkryging van burgerskap van ‘n ander land, tensy hulle vooraf toestemming van die minister van Binnelandse Sake verkry.
# Die regering sê mensehandel is ‘n ernstige misdaad wat belangrike menseregte skend. Die owerhede het verlede maand 23 jong Suid-Afrikaners van dwangarbeid in Mianmar gered nadat hulle valslik gewerf is vir werk met die belofte van ‘n maandelikse salaris van 15-duisend-rand. In Februarie is 26 Ethiopiërs gered uit ‘n vermeende mensehandelsindikaat in Johannesburg. Die woordvoerder van die regering se Kommunikasie-inligtingstelsel Nokululeko Mtshali, sê smokkelaars teiken dikwels kwesbare individue, insluitend kinders, migrante en diegene in moeilike ekonomiese situasies:
# Die Good-party in die Wes-Kaap doen ‘n beroep vir geregtigheid na die moord op ‘n DA-raadslid Xolile Kalipa. Die 54-jarige is Sondagaand in Kayamandi, Stellenbosch doodgeskiet. Geen arrestasies is nog gemaak nie. Marius van Stade van GOOD sê die sinlose daad van geweld moet veroordeel word. Hy voeg by geregtigheid moet seëvier en diegene wat daarvoor verantwoordelik is moet sonder vertraging aanspreeklik gehou word:
# Japan se geraamde kinderbevolking het die 44ste agtereenvolgende jaar tot ‘n rekordlaagtepunt gekrimp. Slegs 11.1-persent van die algehele bevolking is kinders, nadat dit verlede jaar op 123.4-miljoen gestaan het. Hierdie demografiese krisis is een van Japan se dringendste kwessies met die geboortesyfer wat voortdurend daal. Japan word bestempel as ‘n reuse-nasie van bejaardes, wat beteken meer as 20-persent van sy bevolking is ouer as 65. Die land se algehele bevolking sal na verwagting teen 2065 tot ongeveer 88-miljoen daal.
# Krieket: Sunrisers Hyderabad se hoop om die uitspeelronde van die Indiese Premierliga te haal, is verydel na reën hulle wedstryd teen die Delhi Capital in die wiele gery het. Die Capitals wat gevra is om eerste te kolf het 133 vir sewe in hulle 20 boulbeurte aangeteken. Reën het egter die spanne verhoed om na die veld terug te keer na die beurt-rustyd. Die twee spanne kry elkeen ‘n punt. Die Capitals is steeds in die vyfde plek, maar hulle het die gaping met die vierde geplaaste Gujarat Titans vernou, en hulle is nou slegs een punt agter dié span.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 20-rand-66-sent teen die euro en 24-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-529-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-359-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-5-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….