Nuus 13:00
BULLETIN 4 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SANW se onttrekking aan die DRK toon ‘n skuif na diplomasie
# Buffett gaan as uitvoerende hoof van Berkshire bedank ná 60 jaar aan die stuur
# En, Motorsport: Max Verstappen spring in eerste plek weg in die Miami Grand Prix
# Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sê die onttrekking van Suid-Afrikaanse troepe uit die Demokratiese Republiek die Kongo dui op ‘n nuwe hoofstuk in vredesbewaring in die streek. Sy het vandag aan die media bevestig dat magte van onder meer Tanzanië en Malawi die sendinggebied begin verlaat het. Sy sê die stap is nodig om politieke en diplomatieke oplossings vir die voortdurende konflik in die ooste van die DRK te vind:
# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie, Khusela Diko, sê Suid-Afrika moet sy verouderde mediawette opdateer sodat digitale platforms soos potgooie beter gemonitor kan word. Diko sê ‘n dringende behoefte bestaan om formele instellings te vestig vir die hantering van aanlyn haatspraak en laster. Diko sê slagoffers kan dikwels nie vervolging bekostig nie. Sy sê potgooie moet onder die land se uitsaaiwetgewing uitgebrei word vir strenger aanspreeklikheid vir inhoud en om geaffekteerde individue in staat te stel om klagte te lê.
# Kaapstad het ‘n krediet-opgradering van Moody’s Beleggersdiens ontvang, wat die stad se sterk finansiële bestuur en algemene staatsbestuur weerspieël. Burgemeester Geordin Hill-Lewis het die nuus verwelkom en sê die opgradering bevestig Kaapstad as ‘n voorkeur beleggingsbestemming. Moody’s het veral na die stad se pogings met infrastruktuurontwikkeling verwys. Daar word verwag dat leenkoste nou sal verminder en verdere beleggings lok:
# Warren Buffett beëindig sy loopbaan as moontlik die wêreld se bekendste en mees gerespekteerde belegger. Hy het aangekondig dat hy einde vanjaar as uitvoerende hoof van Berkshire Hathaway sal bedank en die leisels aan die ondervoorsitter, Greg Abel, sal oorhandig. Die skuif beteken die einde van ‘n era vir Berkshire ná Buffett se buitengewone 60 jaar aan die stuur waarin hy ‘n huishoudelike naam, ‘n multibiljoenêr en ‘n Amerikaanse suksesverhaal geword het. Buffett het Berkshire-Hathaway omskep van ‘n mislukte tekstielmaatskappy tot ‘n konglomeraat van een-komma-16-duisend-miljard dollar met besighede regdeur die Amerikaanse ekonomie.
# Motorsport: Red Bull se Max Verstappen het gister tydens die kwalifiserende rondtes van Miami Grand Prix in die voorste wegspringposisie ingeskuif vóór Norris en Antonelli. Die wêreldkampioen het die vinnigste tyd aangeteken toe hy McLaren se Lando Norris en Kimi Antonelli van Mercedes geklop het, ondanks ‘n fout in sy laaste ronde. Die groot skok van die tweede kwalifiserende rondte was toe Lewis Hamilton in sy Ferrari nie in sy 12de oefenronde sy tyd kon verbeter nie. Dit het die sewemalige wêreldkampioen ná Racing Bulls se Isack Hadjar in die elfde plek P11 geplaas.
# En om mee af te sluit: Rugby: Die Engelse vleuel Tommy Freeman se driekuns het die Northhampton Saints gisteraand gehelp om Leinster te klop en hul eerste Kampioenebeker-eindstryd in 14 jaar te haal. Northhampton het Leinster in ‘n opwindende wedstryd in Dublin met 37-34 geklop. Die besoekers het net voor rustyd beheer oor die wedstryd geneem met drie drieë in agt minute, vir ‘n voorsprong van 27-15 teen rustyd. Northhampton sal teen óf teen Bordeaux-Belges óf Toulouse in die eindstryd speel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….